[Click here to go to World Challenge Kansel Reeks Veeltalige Webwerf] Moenie U Geestelike Toestand Volgens U Gevoelens Oordeel Nie! (Dont Judge Your Spiritual Condition By Feelings!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson 19 Februarie 2001 __________ Die apostel Paulus het die Thessalonisence verseker dat hulle geleer het hoe om welvallig voor die Here te wandel. Hy skryf, Soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag. (1 Thessalonisence 4:1) Paulus voeg dan die volgende vermaning by. Sodat julle nog oorvloediger mag wees (1 Thessalonisence 4:1). Om oorvloediger te wees, beteken om toe te neem. Paulus het hiermee ges, Julle het onder n gesonde evangelie prediking gesit. Julle het dus nou n soliede fondament onder julle. Daarom, moet julle in genade toeneem in elke aspek - in jou geloof, jou kennis, jou liefde. Paulus praat oor sulke oorvloedigheid met die Korintirs, Maar soos julle in alles oorvloedig is - in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons - sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is (2 Korintirs 8:7). Hy s met ander woorde, God se Gees het groot veranderinge in jou lewe gebring. Daarom, moet jy meer van jouself gee in alle aspekte - in jou tyd, jou finansies, jou talente. it en Indiana. Voordat ons vir die byeenkomste vertrek het, het ek vir Gwen ges, Ek sien nie veel tekens dat ek geroep is om by sulke soort byeenkomste te gaan praat nie. As God my nie n sekere soort teken gee vir die uitstappie nie, sal ek nie daarmee voortgaan nie. Ek hou daarvan om te preek by Times Square Church, en dit is vir my genoeg. Buitendien, haat ek dit om te reis. Die Here sal duidelik met my moet praat. In Detroit, het God die woord wat ek gepreek het gesen. Na die tyd het n hele aantal predikante hulleself op die vloer neergegooi, en na God geroep. Nog steeds was dit nie genoeg bewys vir my nie. Later, in Indianapolis, het ek voor die tyd gebid. Here, U moet my n duidelike teken gee vanaand, anders sal dit my laaste byeenkoms wees. U moet vir my wys dat die woord wat ek vanaand aan hierdie predikante gee hulle harte deurvors. Raai wie anders het die gebed gehoor, behalwe die Here? Satan het. Skielik het n klein, soet stemmetjie vir my gefluister, David, vanaand gaan jy tekens sien soos nog nooit voorheen nie. Jy sal nie nodig h om enige iets te doen, behalwe om net daar te staan nie. Die Heilige Gees sal kragtig deur die saal vee en oral oor vir jou tekens. Ek het gejuig, en gedink, Alle eer aan die Here, dit is wonderlik. Dit is net waarvoor ek gebid het. Die Here het my die aand weer gesalf. Toe ek klaar gepreek het, het ek net my Bybel toegemaak en gebid, Goed Here, nou is dit U beurt. Waar is die tekens wat ek veronderstel is om te sien? Ek gaan net hier staan, soos U my ges het om te doen. Niks het gebeur nie. Na n paar minute, het die gehoor begin wonder wat ek beplan. Ek het hulle verseker, Asseblief, vriende, verdra my net vir n oomblik, ek wag op die Heilige Gees. Steeds het niks gebeur nie. Eindelik het ek omgekrap begin raak met God. Ek het besluit, Goed, Here. Ek neem dit as n teken dat ek nie meer hierdie soort praatjies moet hou nie. Op daardie stadium het ek nie geweet wat om te doen nie. Ek het dus aan die gehoor voorgestel, Waarom hef ons nie almal ons hande op na Jesus en prys Hom nie? Stil het almal begin om die Here te prys. En die wonderlike, sagte Gees van God het die saal gevul. Skielik het ek gelei gevoel om die vrouens van die predikante te vra om na die altaar te kom. Ek het vir hulle ges, Ek wil h dat julle vir mekaar moet bid. Hulle het mekaar se hande vasgehou en begin bid. In n oomblik, het die soete teenwoordigheid van die Here op die vrouens neergedaal. Hulle het begin huil, met mekaar dinge gedeel, en mekaar vasgehou. God het hulle aangeraak en hulle genees. Tog was daar geen donder en weerlig nie, geen bo-natuurlike bewyse nie. Dit was net n stil, mooi werk van die Heilige Gees. Die volgende oggend, het ek en Gwen n pastoor se vrou in die hysbak herken. Sy het gestraal. Syt vir ons vertel dat haar lewe verander is deur die byeenkomste. Kort daarna het ons ook van ander getuienisse te hore gekom van vrouens wat verander is, en van getroude pare wie se huwelike weer hernu is. Ek het gesien dat die wonderlike werk nie die kragtige tekens was wat aan my belowe is nie. En ek het vinnig besef wat die duiwel probeer doen het. Satan het my uitdaging aan God gehoor vir uiterlike bewyse. En hy het probeer om te voorkom dat ek moes voortgaan om predikante in beweging te bring. Hy wou my oortuig, Sien? God het nie aan jou versoeke voldoen nie. Jy moet dit neem as n teken om te stop. Nee! God het voor my n oop deur gestel. En Hy het vir my die boodskap gegee om te preek. Ek moes eenvoudig my God gehoorsaam, Sy woord vertrou en al die resultate by Hom los. Hy volbring alles altyd op Sy eie manier, hard of sag, sigbaar of onsigbaar. ------------------------------- 3. U Reageer Met Genade Op Alle Oproerigheid, Van Etniese Gramskap En Konflikte ------------------------------- Een van die allerhoogste tekens van n volwasse gelowige is liefde vir die verlore mensdom. So n Christen wys liefde in gelyke mate aan Jood en Palestyn, aan Bosnirs en Servirs, vir almal. Ek glo God is in beheer van alle globale situasies. Hy beweeg dinge volgens Sy ewige planne, selfs bloedige krisisse en oproerigheid. Huidiglik, staan die Midde Ooste op die randjie van n oorlog. Die Time tydskrif het n storie gepubliseer in Oktober met die naam, The Bloody Mountain, wat gaan oor die tempel berg in Jerusalem. Die area beslaan 35 hektaar, waarop n Arabiese moskee staan, bekend as die Golden Dome of the Rock. Die Palestyne noem die moskee die Noble Sanctuary. Maar die Jode glo die land behoort aan Israel. Daarom sien hulle die Dome of the Rock as die volgende, En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Danil, sien staan waar dit nie behoort nie (Markus 13:14). Die Jode is daarvan oortuig dat Israel se tempel herbou sal word op presies dieselfde plek waar die moskee nou staan. n Prominente rabbi, Haim Richman, wys na die Dome of the Rock en s, Die tempel sal presies hier herbou word, en nrens anders nie. Rabbi Richman se navorsers het reeds die priesterlike klere ontwerp en al die benodigdhede wat nodig sal wees om in die tempel te aanbid. Dit sluit n silwer mizrak in om die bloed van die offerdiere in op te vang, asook n miljoen dollar menorah (n goue kandelaar). Volgens Time, s rabbis en mollas dat God vir hulle ges het dat die berg slegs terug geneem sal word deur bloed. Ander verslae openbaar dat Jode reeds planne gefinaliseer het om die derde tempel te bou. Sommige waarnemers vrees dat militante Ortodokse Jode besig is om ondergrondse tonnels te grawe wat Solomon gebou het, met die doel om die moskee op te blaas. Intussen, het die Palestyne verklaar dat Jerusalem binnekort hulle hoofstad gaan wees. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek wens vir geen geweld in die Midde Ooste nie, maar die Bybel voorspel baie duidelik dat daar oorlog sal wees in Jerusalem. Daarom, moet ons nie verbaas wees as ons een oggend wakker word en lees, Arabiese Moskee vernietig: Egipte, Siri, Iraq, Iran en Jordani almal verklaar oorlog teen Israel. Selfs al sien ons nou n tydelike kalmte, glo ek dat ons vinnig besig is om so n vervulling van n bybelse profesie en Jesus se wederkoms te nader. Wreld spanning sal opduik, met geweldige haat, bittere gevegte, rasse oproerigheid, etniese slagting. Hoe moet ons as Christene reageer? Moet ons die siele van sulke Palestyne liefh, wie stene van bo van die Klaagmuur in Jerusalem gooi, op die biddende Jode? Moet ons die Israeliete liefh wat 2000 Palestyne geskiet het? Moet ons die Servirs liefh wat duisende in die Balkan vermoor het, en die mense van Kosovo wat teen die Servirs wraak geneem het? Alleen n uitgegroeide volwasse gelowige kan hierdie woorde van Jesus aanvaar. Wees lief vir jou vyande. Bid vir die wat jou vervolg en jou kwaadwilliglik gebruik. As jou vyande honger het, gee hom iets om te eet. Ek vra u, kan u u voorstel hoe dit sal wees om vir n maand in n Palestynse veld hospitaal te wees en die gewonde soldate wat Israel wil vernietig te verpleeg en kos te gee? Kan u u vooroordele in toom hou as jy aanhitsende nuus verslae lees in die komende dae? Sal u dieselfde gees wat in Christus was, wat toe hy gekruisig is ges het, Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie kan behou? As u wil wandel soos Jesus gewandel het, kan u nie toelaat dat u menslike passies deur hoofopskrifte aangehits word nie. Christus het vir elke verlore siel op hierdie aarde gesterf, insluitende aborsie dokters, moordenaars, verkragters, kinder molesteerders. Huidiglik, is ons tronke vol met beskuldigdes wat kragtige getuienisse van die reddende liefde van Jesus geword het, omdat iemand hulle liefgehad het ten spyte van hulle sondes. U kan weet dat u in genade groei as u dit regkry om te bid vir die wat deur die wreld gehaat word. Soos ons hoor van verskillende dinge wat gebeur, moet ons alle vooroordele wat in ons opkom teenstaan, en verklaar. Ek neem Christus se outoriteit oor hierdie dinge. Ek sal die mensdom liefh soos die Here. Hier is die groot belofte wat al ons gevoelens van twyfel en onsekerheid tot rus kan bring. Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie (Jesaja 40:28-31). --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA. Time Square Kerk Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie dokument is die eksklusiewe eiendom van World Challenge. Dit mag onder geen omstandighede verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs in geheel gereproduseer word vir die doel van gratis verspreiding. Alle reproduksies moet die kopiereg kennisgewing bevat [bv. Kopiereg 2000 deur World Challenge]. Die dokument mag nie gebruik word vir herverkoop of om die verkope van enige ander produk te bevorder sonder die toestemming van World Challenge nie. Die beperking sluit die hele inhoud in met die uitsondering van n paar kort aanhalings. Gee asseblief altyd krediet aan die volgende bron: Kopiereg 1999 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op enige ander webtuiste gepubliseer word nie. Die Lorain County Free-Net Chapel besit die eksklusiewe regte van World Challenge Inc. om hierdie boodskappe op hulle webtuiste te publiseer. U is welkom om die inligting af te laai, te kopieer en te versprei, solank u dit nie op n ander Internet webtuiste publiseer nie. U is ook welkom om 'n skakel na hierdie dokumente op u webtuiste aan te bring. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/chapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Hierdie bladsy is op datum gebring op 8 Junie 2002. Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die Klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Indeks vir Afrikaans/ Kansel Reeks