[Click here to go to World Challenge Kansel Reeks Veeltalige Webwerf] By God Is Niks Onmoontlik Nie! (With God Nothing Is Impossible!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson 25 Junie, 2002 __________ Ek ken `n sekere jong man wat in konstante angs en vrees leef. Hierdie vreeslike gevoelens het vir hom die dag begin toe hy sy rug op God gekeer het. Die jong man is glorieryk gered en gevul met God se Gees. Hy het getuig van God se almagtigheid en sen in sy lewe. Hy het menige kerklidmate beraad en van God se liefde aan hulle gepreek. En toe een dag uit die bloute het hy ges, Ek het genoeg gehad. Ek wil nie meer hierdie soort lewe h nie. Hy het aan almal vertel dat hy genoeg gehad het van Christene. En hy was kwaad teenoor God omdat God nie sy gebede beantwoord nie. Hy het sy pastoor vertel, Al julle gepreek veroorsaak `n skuld kompleks by my. Ek wil die lewe geniet. Jy weet, `n paar drankies, `n goeie tyd en `n partytjie af en toe. Ek sal nie oorboord gaan nie. Ek wil net `n bietjie plesier h. So het hy sy geloof verlon. Neem kennis dat hierdie jong man nie `n geestelik blinde heiden was nie. Hy het `n sterk Bybelse agtergrond gehad. Hy is toegerus met die waarheid van die Woord. Hy het toegelaat dat die Heilige Gees hom beweeg en hom oortuig van die waarheid. En hy het die vreugde ervaar om die Here te dien. Maar vandag is hierdie selfde jong man die presies teenoorgestelde van `n Christen. Hy het diep en totaal in sonde verval. Hy dra `n seer in sy hart wat hy probeer verdrink deur alkohol. Hy hou partytjies om vreugde te vind, maar Dit laat hom leeg. Hy het seks met verskillende vroue, maar agterna is hy nog meer alleen en wanhopig as ooit tevore. Hierdie eens lewendige gelowige is op `n diep afwaartse spiraal en hy weet Dit. Hy is stadig besig om `n alkoholis te word. Hy huil as hy daaraan dink wat sy lewe geword het. En hy het `n vreeslike vrees dat God opgegee het met hom. Hy is seker dat hy die skeidslyn oorgesteek het en dat hy nooit weer kan terugkeer nie. Op `n stadium het hy my geskakel en ges dat al die preke wat hy gehoor het by hom spook. Hy het homself in Paulus se waarskuwing gesien, Sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie (1 Korintirs 9: 27). Uiteindelik na totale wanhoop het hy besluit om nog een laaste keer kerk toe te gaan, soekend na hoop. Maar die preek wat hy daardie dag gehoor het, het hom tot in sy diepste geskud. Dit was geneem uit Hebrers 6: 4 6: Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wreld ondervind het en dan nogtans afvallig geword het, is Dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot `n bespotting. In hierdie jong man se gedagtes, het hierdie beskrywing hom soos `n handskoen gepas. Hy is deur God se Woord verlig. Hy het die hemelse geskenk van vergiffenis ontvang. Hy het die aanraking van die Heilige Gees ervaar. Maar nou het hy geredeneer, Ek het Jesus in die openbaar verneder en my sondige lewe kruisig Hom daagliks. Hierdie woorde het in sy ore bly weerklink: Dit is onmoontlik vir sulke sondaars om te herlewe. Daardie preek het die laaste strale van hoop vir hom uitgesluit. Nou, terwyl hy deur die kerk deure na buite loop het hy veroordeel gevoel, tot die ewige verdoemenis. Hy kon nie met die Skrif stry nie. Hy het geglo dat hy sy dae sal uitleef in wanhoop en hopeloosheid. Vandag, het duisende eens gelowiges in die selfde toestand verval as hierdie jong man. Op een stadium het hulle uitgeloop op God, uitermatig gesondig, en sy sen verbeur. Nou leef hulle in direkte opposisie teenoor daardie ongelooflike lig wat hulle eens ontvang het. En hulle is verseker dat daar geen hoop is dat hulle ooit gered kan word nie. Beskryf Dit jou of iemand wat jy ken? Indien wel, dan wil ek vir jou die selfde boodskap gee wat ek in my skrywe aan hierdie jong man gegee het: ------------------------------- Gedurende Die Afgelope Veertig Jaar Het Ek `n Menigte Mense Sonder Hoop, Na Christus Sien Kom. ------------------------------- As die stigter van die Teen Challenge bediening, was ek getuie van duisende der duisende mense wat tot bekering in Jesus gekom het. Baie van daardie siele is gesien as totaal hopeloos. Hulle het ingesluit, dwelmslawe, alkoholiste, dwelmhandelaars en diewe, homoseksuele en prostitute, ateste en sataniste, geharde kriminele en bende lede. Ek het in ontsag toegekyk hoe hierdie mense wonderbaarlik getransformeer is deur Christus se krag. Hulle het heling ontvang, herlewing, absolute bevryding van hul sonde bande. En hulle het kragtig in God se Woord en sen gegroei. Maar met tye het Satan sommige van hierdie bekeerdes verlei, om terug te keer na hulle ou lewensstyle toe. Wanneer hulle geval het, het hy in hulle ore geskreeu, Julle is te vas om ooit van julle sonde gered te kan word. Julle is vervloek, hulpeloos en Dit is onmoontlik om los te kom. Julle kan nooit weer na Jesus terugkeer nie. Ek dink aan `n jong paartjie James en Mary Thomas, wat jare gelede vanaf die strate na ons kerk toe gekom het. Hulle was boemelaars wat gesteel het om hulle heroen verslaafdheid te bevredig. Toe hulle deur ons deure geloop het was hulle soos dooies, uit hulle verstand uit bedwelm. James was in `n verstandelike mis, so geaffekteer deur die dwelms dat hy kwalik sy eie naam kon noem. Mary was `n alkoholis en net vel en been. Nogtans het God `n wonderwerk gedoen in hierdie paartjie. Albei is wonderlik gered. God het hulle toe fisies ook vernuwe, kleur in hulle gesigte gesit en hulle het gewig aangesit. Hy het hulle ook verstandelik herstel. James in besonder, het `n briljante verstand gehad. In `n kort tydperk het hy homself Grieks en Hebreeus geleer. Ons het beide die Thomase Bybelskool toe gestuur, waar James sy onderwysers verbaas het. Sy Hebreeuse instrukteur het hom vertel, Ek kan jou niks meer leer nie, jy weet reeds meer as wat ek weet. Nadat hulle gegradueer het, het James en Mary Kaliforni toe getrek waar hulle `n bediening vir prisoniers begin het. Hulle het vir omtrent 12 jaar saam hard gewerk, en die Woord aan honderde prisoniers verkondig. James het gepreek en die Bybel aan hulle geleer, terwyl Mary na bekommerde vroue uitgereik het en aan hulle berading verskaf het. In ons o was hierdie twee trofe van God se sen. Hulle het uitgestaan as voorbeelde van Jesus se krag om die mees hopelose lewe te verander. Tog, na jare van die ontvang van die Here se sen, het Mary ontmoedig geraak. Satan het daarin geslaag om haar na alkohol toe terug te lok. Die dae wat gevolg het was `n lewende hel vir die Thomas gesin. Terwyl James in die tronke gepreek het, het Mary weggeglip na die kroeg toe. Somtyds het sy heel nag uitgebly. James het haar dan gaan soek en het hy haar dikwels in `n sloot gevind waar sy bewusteloos was. Wanneer sy weer nugter was het sy hom vertel, Ek weet nie wat gebeur het nie, ek is terug in die groef, ek kan nie die gewoonte breek nie. Een nag het Mary net verdwyn en James kon haar nie vind nie. Verskeie weke het verby gegaan. James was so verbysterd teen daardie tyd, dat ons hom na ons hoofkantoor in Texas genooi het. Ek het nog nooit `n man so verwond gesien nie. Maar hy het my vertel, Ek sal nie opgee op haar nie. Ek weet wat God vir ons gedoen het. Drie dae later het Mary van `n hospitaal af geskakel. Die polisie het haar half dood in die middel van die pad gevind. Sy was `n prostituut en is erg geslaan. James het uitgevlieg om haar te gaan haal en het haar terug na die plaas toe gebring om te herstel. Toe hulle instap het niemand Mary herken nie. Haar gesig was verwronge, haar lippe geswel en haar vel was pimpel en pers. Nadat Mary gerus het en begin het om te herstel, het ons almal begin om God se liefde aan haar te verkondig. Maar sy kon Dit nie aanvaar nie. Sy het Hebrers 6: 4 6 uit haar kop geken en Dit aan ons voorgedra. Dit is onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. Sy weet sy het die hemelse gawe gesmaak en het deelgeneem aan God se Woord. Sy was nou geruk deur die feit dat sy haar Redder opnuut gekruisig het. Dit is verby vir my. Ek was eens `n prediker vir ander. Kyk wat het van my geword. Ek het Jesus se liefde verwerp. Ek het teen die lig gesondig. Hy kan my nie nou meer terugneem nie. Sy het gedink sy was bestem om terug in haar gewoontes te val en haar dae op straat te sluit. Al wat sy nou wou doen was doodgaan. Ek sal terugkom na Mary se storie toe. Maar vir eers wil ek die mening van die frase, Dit is onmoontlik.om hulle te laat herleef, bespreek. Vir wie presies, is Dit onmoontlik? ------------------------------- Is Dit Onmoontlik Vir Enige Prediker Of Leke Prediker Om Iemand In Hierdie Toestand Te Bereik? ------------------------------- Mary Thomas het geweet ek is lief vir haar. Sy het my ook gerespekteer as `n prediker van God se Woord. Maar nog steeds, wou Mary nie bereik word nie. Geen belofte van God se Woord kon haar aanraak nie. Nie eers haar goddelike man se deernis en liefde kon haar beweeg nie. Haar ore blyk toe te wees, haar hart verhard en haar siel by oortuiging verby. Dit is skrikwekkend om aan `n gelowige te probeer preek wat so diep in die sonde verval het. Dit wil voorkom dat hoe meer spiritueel `n persoon eens was, hoe harder is Dit om so `n persoon te bereik wanneer hy val. Jy kan met hom praat as `n godspraak van God, die aandoenlike uitgeleef aan die kruis, praat met hom oor die hart van Jesus maar tog bly sy hart soos klip. Hy s Ek voel ek is op die rand van `n swart gat. As ek eers inval sal ek nooit weer uitkom nie. Steeds het ek nie genoeg krag om weg te draai nie. Ek is bang ek gaan myself verloor en in die hel eindig. Jeremia het oor hierdie toestand geprofiteer: Al s jy al hierdie vir hulle, sal hulle nie na jou luister nie; al roep jy hulle, sal hulle jou nie beantwoord nie. (Jeremia 7:27). Net so, het Jesus aan die ges wat hulle harte verhard het teen sy Woord: Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle o toegemaak.(Matteus 13:15). Ek het `n menigte bose mense sien reageer op my prediking. Dit het die gemeenste sondaars ingesluit: boosaardige bende leiers, leiers van heksgroepe, reeksverkragters, selfs moordenaars. Voordat hierdie mense na Jesus gekom het, was hulle verhard in sonde. Maar hulle was nie verhard teenoor die boodskap soos beskryf in Hebrers 6:4 6 nie. Ek s Dit vir julle, Dit is onmoontlik vir `n prediker om sulke gevalle gelowiges te bereik en te hernu. Hoekom? Hulle het toegelaat dat die satan hulle oortuig, Julle het te gereeld teenoor die lig gesondig. En nou is Dit te laat vir julle. Julle kan dood eenvoudig nie meer bereik word nie. ------------------------------- 2. Dit Is Onmoontlik Vir Geliefdes En Vriende Om Hulle Te Laat Herleef. ------------------------------- Geen man het ooit sy vrou meer lief gehad as James Thomas nie. Hierdie man het nooit opgehou om vir Mary lief te wees nie al het sy ook die rol van hoer gespeel. Ek was verbaas terwyl ek aanskou het hoe hy haar gedurende daardie seer en moeilike dae versorg het. Die vrou was deur ander mans gehanteer en geslaan. Maar nou sit haar man tydsaam en verbind haar wonde en was haar gesig terwyl hy oor haar huil. Wat nog meer verbasend was, is dat James se liefde en deernis. Nie eers Mary se hart kon smelt nie. Sy kon eenvoudig nie beweeg word deur trane of sagte liefde nie. Sy blyk totaal buite die bereik van menslike gebare of krag te wees. Ek het dieselfde afstand gesien in eiesinnige kullende mans wat hulle families in die steek gelaat het. Hulle vrouens het hulle gesmeek Liefling ek vergewe jou, ek gee nie om wat jy gedoen het nie. Ons is vir vyf en twintig jaar getroud en ek wil h ons huwelik moet werk. Ek is lief vir jou en het jou nodig. Kinders gryp hulle vaders se bene en huil, Pappa waarom verlaat jy ons? Moenie weggaan nie. Moenie vir mamma en vir my los nie. Maar niks kan hierdie mans beweeg nie. Hulle is alreeds verslaaf aan `n ander vrou en is gereed om hulle lewens en familie weg te gooi. Geen hoeveelheid menslike liefde kan hulle bereik nie. Eens het ek `n jong pastoor geken, `n goeie man, wat met `n lieflike jong dame getroud was. Hierdie prediker was `n effektiewe getuie in die strate van New York. Sy preke het menige dwelmverslaafdes vir Jesus gewen. Hy was `n toegewyde onderwyser, wat herstellende verslaafdes en alkoholiste in die we van die Here onderrig het. Toe op `n stadium het die pastoor met pornografie begin peuter. Mettertyd het hy verslaaf geraak en Dit het sy lewe oorgeneem. Toe sy vrou uitvind het hy vir haar ges, Ek gaan Dit nie opgee nie. In plaas daarvan, het hy ges, dat sy ook daarby betrokke moet raak. Sy was vreesbevange. Toe sy weier het hy kwaad geword en het ander vroue begin sien. Vir weke het hierdie man se vrou by hom gepleit, Jy weet jy maak jou siel oop vir die duiwel. As jy nie ophou nie gaan satan jou in besit neem. Maar hy wou nie luister nie. Uiteindelik het sy vrou my gesoebat om met hom te praat. Ek het, en het die jong prediker aan die Here se werk in sy lewe herinner, aan die Bybel se duidelike waarskuwing en ons liefde vir hom. Dit is te laat, het hy aan my ges. Ek is verslaaf. Ek het die bediening verlaat en ek is nie meer lief vir my vrou nie. Ek kan nie nou terug gaan nie. Hy het toe aan my uitgewys dat deur te sondig hy Jesus in die openbaar verneder het. Daarom was Dit vir hom onmoontlik om weer hernu te word. Ek het geantwoord, Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie. Jesus het al die mag om jou vry te stel. Ons kan beheer oorneem oor hierdie verbondenheid in sy naam, en God sal jou dadelik verlos. Hy het sy kop geskud en geweier. Hy kon nie oortuig word nie. Vandag is hy getroud met `n heks en is verdiep in die okkulte. Hy is totaal verlore. Menslike liefde en redenering kan dood eenvoudig nie hierdie houvas op hierdie tipe sonde verbreek nie. ------------------------------- 3. Nie Eers Vrees Vir Die Hel Of Oordeel Kan Hulle Raak Nie. ------------------------------- Mary Thomas het verstaan dat die straf vir die sonde die dood is. Sy het ook geweet dat elke sonde wat sy gepleeg het aangeteken word, en bydra tot haar sondelas. Net `n paar maande tevore het hierdie selfde vrou ander gewaarsku om weg te vlug van sonde af en God se wraak te vermy. Maar niks daarvan het nou vir haar enige iets beteken nie. Ek het die selfde tipe van hardheid nou onlangs waargeneem in `n AIDS saal. `n Jong man van ons kerk het my versoek om saam met hom te bid vir sy sterwende broer, wat net `n paar uur gehad het om te leef. Toe ons sy kamer binnekom was die sterwende broer besig om `n fliek op TV te kyk. Soos wat ek naby hom gestaan het, het ek gevra, Seun, oor `n klein rukkie gaan jy in die ewigheid staan. Verstaan jy Dit? Hy het nie `n ooglid geknip nie. Hy het net aangehou om na die fliek te kyk. Toe vra ek, Kan ek vir jou bid? Hy het geantwoord, Ek gee nie om nie. Ek het uiteindelik `n eenvoudige gebed vir hom gebid. Toe ek opkyk, was sy o nog steeds op die TV gerig. Wat se blindheid bring satan nie, selfs in die gesig van die ewigheid nie. Talle gevalle Christene het my vertel, Waarom sal die gedagte aan die hel my pla, ek is dan alreeds in die hel. In een opsig is hulle reg: Dit is hel om elke dag wakker te word met `n wolk van somberheid wat oor jou kop hang. Dit is hel om deur `n gewoonte gedryf te word waaroor jy geen beheer het nie, wat jou soos `n dier laat leef en net plesier laat soek. Na `n rukkie voel selfs jou sensuele bevrediging leeg. Dwelms, seks, partytjies beteken niks. Hulle bring nie meer vreugde en geluk nie. In plaas daarvan los Dit jou siek en eensaam, huilend, Ek lewe in die hel. Dit is hel om jou geloof te verloor, om alle hoop te verloor, om jou familie en jou geliefdes te verloor. Uiteindelik is jy alleen by jou sondige self. Jy is afgesny van God, terde bewus daarvan dat jy in sy gesig gespoeg het. So gaan jy deur elke dag, wagtend vir die nag en deur elke nag, wagtend vir die dag. Ja, jy het gesondig teen die ongeloofbare lig. Jy het gesmaak van God se wonderlike Woord. En ja jy kruisig Jesus daagliks, en plaas hom in openbare skaamte. Jy beweeg verder weg van die kruis af, altyd dieper in die sonde. Ja Dit is onmoontlik vir enige prediker of geliefde, of waarskuwing rakende God se oordeel om jou tot berou te beweeg. Nogtans, nrens in die Skrif word daar ges dat Dit onmoontlik is vir God om sy werk in jou te doen nie. Jesus vertel ons dat met God is niks onmoontlik nie: Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik. (Lukas 18:27). Inderdaad, geen persoon is te ver heen dat die Here hom kan red nie, met een uitsondering: die persoon wat die onverskoonbare sonde doen. Hierdie sonde gebeur wanneer die vorige gelowige die werke van die Heilige Gees bespot as die werke van die duiwel. So `n persoon het Christus geheel en al uit sy hart uitgeruk. In effek het hy sy eie kruisiging bewerkstellig, doelbewus om alle liefde en begeerte na Jesus te vernietig. Hierdie persoon kan nooit weer hernu word nie. Natuurlik, die wat bang is dat hulle `n onverskoonbare sonde gedoen het, het nie. Hoe weet ek Dit? Die bewys daarvan is dat hulle bekommerd is daaroor. Om `n onverskoonbare sonde te pleeg vereis `n gewete wat heeltemal toegeskroei is. In so `n geval word die persoon se liefde vir Jesus vervang met `n absolute haat vir God. Hierdie persoon bal sy vuis vir God en s, Ek wil nooit weer van jou hoor nie. En hy soek redes om Jesus opnuut te kruisig. Hy spot met enige iets wat met God te doen het, soos om te s, Jesus is `n homoseksueel.v As jy dink dat jy die onverskoonbare sonde gepleeg het, konsidereer Jeremia 30. Die hele hoofstuk bestaan uit God se beskuldiging teen Israel. Die Here vertel sy volk, Julle is soveel lig gegee. Ek het julle gesen en ongelooflike verbondsbeloftes gegee. Maar julle het opgetree deur julle re op my te draai. Jeremia het aan hulle geprofiteer, so s die Here: Jou wond is ongeneeslik, jou siekte dodelik. Niemand kan jou saak stel nie; daar is nie `n raad vir jou sweer nie. Almal wat jou liefgehad het, het jou vergeet, hulle gee nie vir jou om nie. Ek het jou geslaan soos `n vyand Dit sou doen: Ek het jou wreed gestraf, want jou ongehoorsaamheid is groot, jou sondes baie. Ek het jou hierdie dinge aangedoen omdat jou ongeregtigheid groot is, jou sondes baie. (Jeremia 30: 12 15). Die Here s in wese, Julle afskuwelike sondes het julle siek gemaak en besmet. Julle het geheel en al versleg. En nou is julle wonde so diep, dat Dit nie gesond gemaak kan word nie. Geen medisyne kan julle genees nie. Maar, God se Woord verwys hier na menslike genesing. Geen krag op aarde kan so `n wond genees nie. Dit sal `n absolute onmoontlikheid wees. Maar Dit is nooit onmoontlik vir God nie. Net twee versies later, vertel God hierdie selfde ongeneesbare volk, ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, selfs al noem hulle jou: Die stad wat verstoot is, Sion vir wie niemand omgee nie. (30:17). God het sy volk vertel, almal het opgegee op jou en ges jy is te ver heen. Hulle sien jou as `n verlore kind, hopeloos en verwerp. Maar as gevolg daarvan gaan Ek jou gesond maak. Almal s jy is `n uitgeworpene, `n dronkaard, `n was gewees, `n nikswerd. Maar Ek gaan jou hernu. Ek sal genade skenk aan jou en al jou wonde genees. Dit is presies wat die Here vir Mary Thomas gedoen het. Mense het opgegee op haar, selfs haar geliefde vriende. Hulle kon haar hopelose kondisie eenvoudig nie hanteer nie. Hulle het haar gesien as `n onberouvolle, `n alkoholis en `n hoer wat deur God oorgegee was aan haar sondes. Hulle het ges, James moet haar skei en in `n instituut laat plaas. Selfs die toegewyde James het van sy grenslose hoop verloor. Op een stadium het hy aan my toevertrou, Ek voel so hulpeloos. Ek weet nie of sy ooit gaan deurtrek nie. Geliefdes, die wreld mag jou afskryf. Selfs jou familie en vriende mag opgee. God belowe, Ek sal jou nooit laat gaan nie. Ek sal jou red en elke wond aan jou liggaam en gees genees. Niks wat enige een ges het, het deurgedring tot Mary nie. Sy kon nie deur liefde, deernis of vrees oortuig word nie. Maar `n wonderwerk het begin vir hierdie hopelose vrou toe sy `n diep innerlike kreet gegee het. Haar kreet het uit net twee woorde bestaan: Here help. Op daardie stadium kon Mary nie eens bid nie. Sy kon nie haarself sover kry om God aan te spreek nie. Maar tog, oor en oor, diep in haar hart het sy geskreeu, Jesus, help my. Uiteindelik het sy die woorde begin uiter: God ek is so ver heen, so diep in sonde verval. Asseblief help my. Mary se kreet eggo Dawid se eie pleidooie aan die Here; Uit die dieptes roep ek na U, Here (Psalm 130:1). In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor. (120:1). Soos Dawid het Mary haar kreet hoorbaar gemaak en God het haar gehoor. Een dag, uit die niet het trane oor Mary se wange begin vloei. Die Heilige Gees het die vertrek gevul, en al Mary se opgekropte vrese en hopeloosheid het uitgevloei. Die krag van God se vergewensgesindheid het haar siel oorstroom en al die vuil, aggressie en skuld uitgewas. Gou daarna is haar siel deur vreugde gevul en het sy begin lag en haar verbly. Ons het almal verstommend toegekyk hoe hierdie herstelde en hernude vrou haar hande opgehef het en die Here begin aanbid het. Almal wat daar teenwoordig was op daardie dag het geweet dat God begin het met `n ongelooflike nuwe werk in Mary, haar geheilig het en haar lewe verander. James en Mary is terug Kaliforni toe waar hulle, hulle bediening aan prisoniers hervat het. Hulle huwelik en familie is glorieryk herstel. En hulle het God se volle sen in hulle lewens ondervind. James Thomas is verlede jaar oorlede. Hierdie man is na sy Redder as `n geliefde en getroue dienskneg. En daarna, Mary het getrou die prisoniersbediening oorgeneem. En toe, verlede Maart 2002 is Mary oorlede. Deur die genade en krag van God is Mary Thomas glorieryk as `n kryger vir God se Woord, na God. Haar lewe en haar getuienis is bewys deur Lukas 18:27: Met God is niks onmoontlik nie. ------------------------------- Miskien Het Satan Jou Oortuig God Het Opgegee Op Jou. ------------------------------- Miskien, het jy net soos Mary op `n manier uit genade geval. Jy glo ander het jou afgeskryf en jy voel verlore en verlate. Dawid s, mense het hom ook afgeskryf, God het hom alleen gelaat!want daar is niemand om hom te red nie (Psalm 71:11). So wat het Dawid gedoen? Hy het gedoen wat Mary Thomas gedoen het. Hy het uit die dieptes van wanhoop Dit uitgeskreeu. o God, kom my tog gou te hulp (sien 71:12). Die Here het Dawid se geroep gehoor en hom gered: U het talle benoude ervaringe oor my gebring, maar elke keer weer my lewe gered, my elke keer weer weggeruk uit die mag van die dood. Herstel my tog in my eer, gee tog uitkoms. (71:20 21). Miskien het Hebrers 6: 4 6 jou oortuig dat jy nie hernu kan word om te berou nie. Jy kan net nie glo dat God jou sal vergewe, dat jy Jesus daagliks gekruisig het nie en hom openlik beskaam het nie. Jy dink jou sonde is te diep en onlosmaaklik om genees te word. Ek vertel jou, jy het nie vir God meer gegrief as Israel nie. God het sy volk onbuigsame beeldaanbidders genoem, en verklaar, Ek is toornig op my volk en Ek wil hulle vernietig. (sien Eksodus 32:9 10). Die Skrif s tog, God het berou gehad oor sy wraak teenoor sy volk. In plaas daarvan het Hy ges, Waarom moet die Egiptenare kan s: Hy het die Israeliete bevry met die bose plan om hulle tussen die berge dood te maak en hulle heeltemal te vernietigToe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring. (32:12, 14). Die feit is, wanneer God ons diepste berouvolle kreet hoor dan voel sy hart Dit. En hy reageer getrou op ons kreet, herstel ons, genees ons en hernu ons tot berou. Julle mag getempteer voel om Dit uit te stel om God aan te roep. Julle dink, As God my uit hierdie gat kan trek, dan kan ek seker maar `n bietjie wag terwyl ek nog aan my sonde oorgee. Die Bybel vertel ons, Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp. (2 Korintirs 6:2). Moenie wag vir `n ander tyd om God aan te roep nie. Die tyd vir jou redding is nou. So, roep vandag nog vir God aan. Hy is getrou om jou te bevry, en jou ten volle te herstel van Dit wat deur die kankerwurm verteer is. Niks is onmoontlik by Hom nie. --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA. Time Square Kerk Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie data ler is die alleen eiendom van World Challenge. Dit mag nie op enige wyse verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs gedupliseer word om vrylik, sonder enige koste te versprei. Alle duplikate van hierdie data leer moet die kopiereg boodskap bevat: [d.i.: Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA.] Hierdie data leer mag nie gebruik word vir herverkoop of die verkope van 'n ander te stimuleer sonder die toestemming van World Challenge nie. Dit sluit die hele inhoud in met dieuitsondering van 'n paar aanhalings. Gee asseblief krediet aan die volgende bron: Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Die materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op ander web bladsye geposteer wees nie. Die Lorain County Free-Net Kapel het die regte van World Challenge Inc. om hierdie materiaal op hul Webtuiste te plaas. U is vry om hierdie inligting af te laai, te kopieer of uit te druk solank u Dit nie op 'n Internet site plaas nie. U mag egter hierdie booskappe met u website verbind. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie Webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/Kapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks Webtuiste http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Hierdie bladsy is op datum gebring op January 7, 2002. Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die Klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Indeks vir Afrikaans/ Kansel Reeks