[Click here to go to World Challenge Kansel Reeks Veeltalige Webwerf] Dag Van Die Sprinkane! (Day Of The Locusts!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson 10 Desember 2001 __________ In Openbaring 8, lees ons van sewe engele wat trompette blaas. Hierdie magtige trompetgeskal waarsku die mensdom teen verskriklike gebeure wat op aarde gaan plaasvind. Die eerste vier trompette waarsku teen ongelooflike besoedeling wat bome, gras, riviere, see en lug vergiftig. Water word bitter en die lugruim verdonker oor een derde van die wreld. Dan in hoofstuk 9, kom n vyfde waarskuwing. Dit beskryf n wreldwye inval van sprinkane: Uit die rook kom daar toe sprinkane tevoorskyn en hulle is soveel mag gegee dat hulle net so gevaarlik soos skerpioene was. (Openbaring 9:3). Wie sit agter hierdie vreesaanjaende swerms van sprinkane? Dit is Satan homself: Toe die vyfde engel op sy trompet blaas, sien ek n ster wat van die hemel af op die aarde geval het. Aan hom is die sleutel gegee wat die opening van die bodemlose diepte kan oopsluit. (9:1). Satan is die ster wat uit die hemel val. En hy is toegelaat om die hel se hekke oop te maak en n ler van demoniese sprinkane los te laat. Die oomblik wat die duiwel die deur van hierdie bodemlose put oopmaak, styg groot hoeveelhede rook daaruit. Die rook is so dik en verstikkend, dat dit die son verduister en die hemet geskryf het oor die onderwerp. Die feit is, ek tel elf sulke boodskape (elkeen wat in my boek "God's Plan to Protect His People in the Coming Depression" verskyn het). Uiteindelik is ek gelei na Openbaring 9, die hoofstuk oor sprinkane. Terwyl ek vers 4 gelees het omtrent God se bevel aan hulle om nie enige iets groen te vernietig nie, het 'n gedagte my binnegeskiet. Ek het toe tot die besef gekom dat die sleutel om veilig te bly gedurende die tyd van tereur is om, "groen te bly." Dawid het geskryf, "Maar ek is soos 'n gesonde groen olyfboom wat in God se teenwoordigheid groei, want ek vertrou op God se getrouheid vir ewig en altyd." (Psalm 52:10). Die "groen" wat Dawid hier na toe verwys beteken geestelike gesondheid. Dit beteken om te gedei, groei, wees vrugbaar. Dawid vertel ons, "My gesondheid kom deur op God te vertrou. Ek gedy omdat ek na Hom toe draai. My vertroue in Hom bring geestelike lewe in my voort." ------------------------------- Hier Is 'n Glorieryke Waarheid Omtrent Die Krag Om Groen Te Bly. ------------------------------- "Die ongeluk sal elkeen tref wat op mense vertrou, wat op 'n mens se krag reken en nie meer op My vertrou nie. So 'n iemand is soos 'n kaal struik in die dro veld wat nooit werklik goed groei nie. Hy groei net in die dorre woestyngrond in 'n verlate onvrugbare omgewing." (Jeremia 17:5-6). Die Here waarsku, moenie op mense vertrou nie. As jy jou geloof op menslike krag toevertrou, dan sal jy vervloek wees." Dit is waar vir enige mens of nasie. Op 11 September 2001, toe Mohammedane hulle giftige angels in die Wreld Handel Torings ingeslaan het, is aan ons nasie 'n oproep gegee om wakker te word. Amerika het 'n kans gehad om haarself te verootmoedig en na die Here te roep. Dit was 'n kans om ons behoefte aan God te erken, te erken dat ons geen oorlog kan wen of kan vooruitgaan sonder Hom nie. Ons het alreeds uitdrukking gegee aan hierdie basiese behoeftes op ons muntstukke. "In God vertrou ons." Maar diep in ons harte, erken ons nie die behoefte na die Here nie. Na 11 September het Amerika nie na God toe gedraai nie. In plaas daarvan het trots oorgeneem. Ons plaas gou ons vertroue in gevorderde tegnologie, militre mag, intelligensie diens en kommando spanne. Ek glo dat ons 'n jammerlike herhaling sien van wat tydens die Golf Oorlog gebeur het. Op die aand wat Amerikaanse troepe Irak ingeval het, het senior President Bush, op sy knie deurgebring. God het Amerika met oorwinning gesen tydens die konflik. Daarna was 'n "ticker tape" parade gehou om ons militre leiers te eer en te loof. Maar nie een woord is genoem oor die Here nie. Mag God ons nou help as ons vertroue plaas in slim bomme en gevorderde wapens! Sy Woord het ons gewaarsku, "Vervloek is die mens wat op die mens vertou." Wat is hierdie vloek? Jeremia s ons sal gereduseer word na 'n "kaal struik in die dro woestyn" (17:6). Met ander woorde ons sal nie 'n groot groen boom wees soos die ander in die woud nie. In plaas daarvan sal ons soos 'n gessoleerde struik in die verlate vlaktes vernederd en verbleik, met niks om oor te spog nie. Amerika se goeie tye, voorspoed en sen sal weggeneem word. Al die krag en mag waarop ons voorheen vertrou het sal tot niks verminder. En ander nasies ons sal verlaat en ons sal aan onsself oorgelaat word. Op 'n kleiner skaal, sien ons die vloek aan die werk in die lewens van sommige Christine. Lank terug, het hulle, hulle vertroue gebou op finansile sekuriteit, materile besittings, wreldse plesier. Nou is hulle geestelik totaal opgedroog. Hulle is gessoleer, verlate, verlore in die wildernis van angs en vewardheid. Maar as ons, ons vertroue in die Here stel, word die volgende deur ons geloof geproduseer: "Maar dit sal goed gaan met elkeen wat op My vertrou en sy verwagting op My stel. Hy is soos 'n boom wat by 'n stroom staan en sy wortels by die water het. Hy kry nie swaar in die hitte nie, sy blare bly groen. Vir hom is die droogte nie 'n probleem nie, want hy hou aan om vrugte te dra" (17:7-8). Gesend is elke dienskneg, kerk en nasie wat sy vertroue in die lewende God plaas. En gesend is hy wat geen bose verslag toelaat om hom van sy plek van rus by God te verwyder nie. Soos ons geheel en al op die Vader vertrou, skiet ons wortel in Sy rivier van gesondheid. En Sy godelike krag - heerlike, groen geestelike gesondheid, vloei in en deur ons. Terwyl alles om ons verrot, sal ons vloreer as groen bome, gesond en sterk. En wanneer die uur van afrekening kom, sal ons nie terugdeins of verwelk nie. In plaas daarvan sal ons geloof groei. Ons sien 'n prentjie hiervan in Josua 14. Efraim (Israel) het hulle terugval berou, afgesien van hulle afgodsdiens en gedraai na die Here toe met hernude vertroue. God s van hulle, "Dit is tog Ek wat julle gebed antwoord en vir julle sorg. Ek is soos 'n boom wat altyd groen bly. Al die goeie dinge wat julle ontvang het, kom van my af." (Hosea 14:8). Skielik het Efraim weer gefloreer. Hulle geloof, gedemonstreer deur hulle berou, het geestelike welstand voortgebring. En gou het hulle vrug gedra, omdat God se krag deur hulle gevloei het. ------------------------------- Waarom Is Groenigheid Belangrik Vir Ons Geloof? ------------------------------- Onthou, die sprinkane is beveel om niks wat groen is aan te raak nie. Eenvoudig gestel, hulle kan niemand seermaak wat in geloof wandel nie. So, selfs wanneer hulle aanvalle op die felste is, sal hulle wat hulle vertroue in God stel, trots staan, soos soliede groen bome. Hulle sal nie kwaad aangedoen word deur enige soort sprinkane, insluitend terroriste nie. Die beste verdediging teen alle tipe helse aanvalle, elke skerpioensteek, is geestelike welstand. En hierdie welstand kom net wanneer ons, ons na die Here toe draai en op Sy beloftes vertrou. Laat my u die volgende vra: Vertrou jy ten volle op God se vergiffenis? Maak jy staat op sy bloed om jou skoon te was van alle verderflike sondes? Of diep jy nog steeds ou sondes op wat al lankal vergewe is? As jy veroordeeld voel, en gereeld probeer om God te behaag, dan is jy nie groen of gesond nie. God se belangrikste begeerte is dat jy Sy gekenk van vergiffenis aanvaar en daarin sal berus. Die lewe het drasties verander sedert die gebeure van 11 September 2001. Voor dit het werksatisfaksie, verkryging van goeie raad, om vriende te h wat jou verstaan, al die tyd van die gemiddelde Christen in beslag geneem. Nou is dinge anders. Daar word nou van ons verwag om op 'n ander weg te wandel. En om te oorleef sal ons geheel en al op God se heilige beloftes moet staatmaak. Ons moet oortuig wees, "Ek het berou en het my sondes bely. En nou is dit bedek deur die bloed van Christus. So, ek weet ek is vergewe." "Die duiwel kan doen wat hy wil aan die gemeenskap, maar hy kan nie my siel aanraak nie. Ek sal geen gedagte van skuld of angs herberg nie. Ek gaan alleen op God se Woord vertrou. En Hy s ek is skoon en kosbaar in Sy o." Jy het God se vergiffenis aanvaar. Maar vertrou jy in Sy onvoorwaardelike liefde vir jou? Ons Here sny ons nie af elke keer as ons misluk nie. Hy kyk nie gedurig oor ons skouers en eis dat ons dit reg doen nie. Hy vra slegs dat ons na Hom toe kom en bely, "Ek glo U Woord, Here, vergewe my, was my, hou my in U arms." God se wens vir ons is dat ons al ons dae sonder vrees sal leef. Daarom durf ons Satan nie toelaat om ons van mislukking in die verlede te beskuldig nie. As ons daaroor berou het, dan is ons bedek deur Christus se kosbare reinigende bloed. Onlangs het ek naby ons huis in New Jersey geloop terwyl ek gebid en gesing het, "Dit gaan goed met my siel." Ek het die Vader gevra, "Here, het U 'n woord vir my?" Die Heilige Gees het aan my gefluister, "Ja David, Ek het. Jy vertrou op My Seun se reinigende bloed. En jy aanvaar My belofte van vergiffenis. Omdat jy dit alles glo, sing almal in die hemel saam met jou. Hulle sing, 'Ja dit gaan goed, alles gaan goed met David se siel'." Vrede het my hart oorstroom. Op daardie oomblik het ek geweet wat dit beteken om "groen" met geestelike gesondheid te voel. My binneste het gesing, "Ek is 'n groen boom in die huis van God. En geen wapen uit die hel wat teen my gesmee word, sal my kan aanraak nie." Tans is die hele wreld oortrek deur 'n mantel van vrees. Vrees verlam mense van alle kante. Dit is jammer, want dit gaan vir hulle nog erger word. Satan se sprinkane gaan verwoesting bring by almal wat nie "wat nie die sel van God op hulle voorkop het nie" (Openbaring9:4). Volgens die Skrif, sal mense op een van twee maniere op die onheil reageer: ------------------------------- 1. Die Wat God Verwep, Wat Weier Om Te Bely, Sal Verhard Word Deur Die Verskrikking Wat Hulle Sien. ------------------------------- Openbaring 9 vertel ons dat 'n sterk weermag van 200 miljoen man 'n volle derde van die aarde se populasie sal vernietig. Sonder twyfel verwys dit na 'n kernoorlog. Ons kan nie begin om onsself in te dink wat die wreldwye verwoesting en plae dit vir ons sal meebring nie. Maar, ons word vertel, "Maar die mense wat oorgebly het en hierdie rampe oorleef het, het nie erken dat hulle verkeerd gedoen het nie" (Openbaring 9:20). Hulle wat hulself teen God verhard, sal nou verslae gelaat word deur die rampe wat voorl. As mense, of nasies onder oordeel nie bely na al die oproepe om te ontwaak nie, sal hulle dit nooit doen nie. Hulle sal dood eenvoudig hardnekkig word. ------------------------------- 2. Hulle Wat In God Glo Sal Juig. ------------------------------- Inderdaad, tydens die hoogtepunt van vernietiging, sal hierdie diensknegte dit uit jubel. "Maar maak almal wat by U skuiling soek, gelukkig. Laat hulle altyd sing van vreugde" (Psalm 5: 12). Hoekom sal hulle in vreugde jubel? "U sen iemand wat aan U gehoorsaam is en U liefde beskerm hom soos `n skild" (5: 13). Hier is God se belofte vir almal wat hulle vertroue in Hom plaas: "Mag die Here u gebed verhoor in moeilike tye! Mag die God van Jakob u beskerm! Mag Hy vir u hulp stuur uit sy heiligdom op Sion..." "Nou weet ek dat die Here die koning sal laat wen wat Hy uitgekies het. Uit Sy heilige hemel hoor Hy die koning se gebed en deur Sy krag gee Hy die koning groot oorwinning." "Daar is party wat vertrou op hulle oorlogwaens en ander weer op hulle perde, maar ons vertrou net op die Here onse God. Hulle sal neerslaan en bly l, maar ons sal opstaan en nie oorwin word nie." Psalm 20:1-3, 7-9). Sommige mense het hulle vertroue in Amerika se militre mag geplaas. Maar almal wat hulle vertroue in die Here stel sal ware rus vind. Ons benodig nie bomskuilings, gasmaskers of wegkruipplekke nie. Ons het 'n God wat ons vrede is. En Hy sal ons hoor wanneer ons roep. --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA. Time Square Kerk Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie dokument is die eksklusiewe eiendom van World Challenge. Dit mag onder geen omstandighede verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs in geheel gereproduseer word vir die doel van gratis verspreiding. Alle reproduksies moet die kopiereg kennisgewing bevat [bv. Kopiereg 2000 deur World Challenge]. Die dokument mag nie gebruik word vir herverkoop of om die verkope van enige ander produk te bevorder sonder die toestemming van World Challenge nie. Die beperking sluit die hele inhoud in met die uitsondering van n paar kort aanhalings. Gee asseblief altyd krediet aan die volgende bron: Kopiereg 1999 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op enige ander webtuiste gepubliseer word nie. Die Lorain County Free-Net Chapel besit die eksklusiewe regte van World Challenge Inc. om hierdie boodskappe op hulle webtuiste te publiseer. U is welkom om die inligting af te laai, te kopieer en te versprei, solank u dit nie op n ander Internet webtuiste publiseer nie. U is ook welkom om 'n skakel na hierdie dokumente op u webtuiste aan te bring. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/chapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Hierdie bladsy is op datum gebring op 12 Mei 2002. Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die Klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Indeks vir Afrikaans/ Kansel Reeks