Deur David Wilkerson
3 Julie 2006
__________
Ons bediening het verskeie konferensies vir predikers in die laaste paar jaar gehou, maar ek het doelbewus nooit oor hoe om te preek gepraat nie, want ek sukkel genoeg met my eie preke, laat staan om vir iemand anders te vertel hoe om te preek.
Ek onthou so goed die kere tydens my vyftig plus jare van preek, wanneer die woord wat uit my gekom het my eie siel binnegedring en in beroering gebring het. Terwyl ek daardie boodskappe gebring het, het ek geweet dat ‘n geestelike outoriteit daardie boodskappe vergesel het. Daar was eenvoudig geen twyfel aan God se teenwoordigheid nie.
Ek onthou net so goed die kere waar daardie spesiale salwing ontbreek het in my boodskap. Daar was geen “klank van die trompet,” geen binnedringing in die diepstes van mense se siele nie, geen ware geestelike outoriteit nie. By daardie geleenthede, was my boodskap gedemp, informatief, maar nie oortuigend nie.
As ek terug dink aan daardie spesifieke boodskappe, weet ek in my hart dat dit ‘n heilige vuur en passie ontbreek het.
In sulke tye was my eie siel droog en leeg en die woord wat ek gepreek het was “net nog ‘n preek.” Dit het altyd gebeur tydens ‘n periode waar die Here sy salwing van my weggeneem het vir ‘n seisoen.
Die Heilige Gees het my nie van die kansel af weggeneem tydens daardie seisoene nie, maar Hy het geestelike outoriteit, waarvan ek hier praat, van my af weggeneem. Daardie dae was vir my aaklig. Tog het ek altyd diep in my siel geweet waarom my prediking verander het en hoekom my boodskappe nie die hoorders diep geraak het nie. Dit was omdat God geestelike outoriteit van enige dienskneg weerhou as Hy met hom ‘n dispuut het.
Die feit van die saak is dat daar hartsake hier ter sake was waarmee ek nog nie gedeel het nie. Dit was sondes van die gees wat ek gedink het ek was nie in staat om te pleeg nie. Ek kon maklik sien hoe hierdie sondes in ander teenwoordig was, maar ek kon nie erken dat dit by my ook was nie.
Ons almal weet dat die tye waarin ons nou lewe prediking met groot geestelike outoriteit noodsaak. Ek praat nie van beter preke, of meer afgeronde preke nie, ook nie van preke met groter openbaring nie. In teendeel, die tipe prediking waarvan ek praat sal niemand eers waag om “goeie preke” te noem nie. Hoekom?
Paulus het “geestelike outoriteit” as volg gedefinieer: dit is ‘n manifestasie van die waarheid wat elke mens se gewete aankla (sien 2 Korinthiërs 4:2).
Wanneer mens die tipe prediking waarvan ek praat hoor, is jou gees te nugter om eers in sulke terme te dink. U sal nie oordeel of die prediking goed of sleg was nie, nog minder die prediker, wat dit gebring het, vly. U enigste reaksie sal wees om tot u knieë gedwing te word in nederigheid voor die Here se heilige teenwoordigheid.
Hierdie tipe prediking gaan dieper as net ons emosies en in bring ons eerder van aangesig tot aangesig met ons gewetens in God se teenwoordigheid. Die effek is asof ons letterlik voor God staan met al ons gedagtes en dade oop en bloot voor Hom.
Paulus beskryf die tipe dienskneg op wie so ‘n outoriteit geplaas is: “[Hy] het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie“ (2 Korinthiërs 4:2).
So ‘n dienskneg het tyd met Jesus gespandeer en het sy hart oopgemaak vir al die werkinge van die Heilige Gees. Volgens Paulus is hierdie dienskneg se aanhoudende gebed as volg:
“Here, wys my my sondige motiewe, my onheilige ambisies, enige en alle oneerlikheid of manipulasie. Laat my nie preek met enige verborge, misleidende houding in my hart nie.”
Die Heilige Gees het baie duidelik met my oor hierdie onderwerp gepraat en gesę: “Daar is ‘n prys om te betaal om My geestelike outoriteit te hę.”
Hy het spesifiek aan my gefluister: “David, jy is bloedgewas. Jy is onder ‘n verbond en jy is my verloste seun. Maar as jy hierdie tipe salwing wil hę - die tipe wat waarheid openbaar in elke mens se hart - moet jy My toelaat om met sekere sake, wat jou geestelike outoriteit hinder, deel.”
Laat my toe om met u te deel oor hoe die Here besig is om met my te deel in hierdie saak:
1. God vra my, “Is jy gewillig om die agterste sitplek in die huis te neem? Is jy gewillig om weg te bly van die hoofsitplek om die tafel?”
In Lukas 14 was Jesus genooi deur ‘n sekere hoof Fariseër om “brood in sy huis te eet.” Ander Fariseërs was ook genooi, mense wat nes die gasheer Fariseër leiers in die hou van die wet was.
Toe die gasheer sy gaste gevra het om te gaan sit, het almal vinnig gemaak om die hoofsitplekke aan die hoof van die tafel in te neem. Die Skrif leer ons dat terwyl Jesus dit waargeneem het, “Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies” (Lukas 14:7). Dit was ‘n astrante vertoon van trots, ‘n begeerte om gesien en erken te word.
Toe Jesus gaan sit het om te eet, het Hy daardie kamer vol van Israel se top godsdienstige leiers bestraf en gesę: “Wanneer jy deur iemand na ‘n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie, en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sę: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem. Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sę: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hę voor die wat saam met jou aan tafel is. Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word” (Lukas 14: 8-11).
Jesus Was Besig Om ‘n Spesifieke Tipe Godsdienstige Persoon,
Wat In Enige Tydperk Gevind Kan Word, Te Beskryf.
Christus se woorde in hierdie toneel is op al sy volgelinge van toepassing. Tog, terwyl Hy sy gehoor by daardie Fariseër se huis in ag geneem het, het hy ‘n tipe godsdienstige leier beskryf: hulle wat “van die begroetinge op die markte hou en van die voorste banke in die sinagoges en die voorste plekke by die maaltye … en doen vir die skyn lang gebede” (Lukas 20:46-47).
Kortliks sę Jesus dat daar mans en vroue is wat goeie werke doen, net om deur ander gesien te word. Hierdie mense geniet dit om deur ander mense gesien te word en is heeltyd besig om hul eie beuel te blaas.
In al my reise saam met my seun Gary, het ons hierdie tipe “beuelblasing” self gesien. Op sommige van die internasionale prediker konferensies het mense na ons gekom met hul gevolg van konferensie gangers terwyl hulle spog oor baie groot en wonderlike prestasies.
“Ek is in beheer van een van die grootste kerke in die land. Ons het 20,000 lede en ons is op TV van kus tot kus. Ons plant kerke regoor die land en deur die hele węreld. Menigtes word gered.”
Dikwels is hierdie mense so beďndruk met hulle eie werk, dat hulle nie eers die tyd het om hulle name aan ons te noem nie.
Ons ontmoet ook predikers wat ‘n totale teenoorgestelde gees besit.
Wanneer ons sulke mense ontmoet, spring ons harte binne in ons op wanneer ons hulle ontmoet. Meestal het hierdie predikers ongemerk in die gehoor. Hulle het geen gevolg , geen verslag om ons te gee oor hulle bediening nie. En ons kan Jesus duidelik in hulle sien.
Ons het eenkeer so ‘n man op ‘n konferensie ontmoet en hom gevra, “Is jy ‘n pastoor?” “Ja,” het hy geantwoord, “ek het verskeie verantwoordelikhede.”
Later het ons uitgevind, “Broer David, broer Gary, weet u wie daardie man is? Hy is ‘n biskop oor 6 miljoen gelowiges in ‘n halfdosyn lande. Hy is een van die mees gerespekteerde pastore in hierdie streek van die węreld.”
Hier was ‘n man van groot aansien en eer en wat ‘n groot bediening gehad het en tog het hy geleer om die agterste sitplek in die huis te neem.
Vir weke was dit vir my onmoontlik om Jesus se woorde: “Neem die agterste sitplek in die huis” te vergeet.
Wat presies bedoel Jesus wanneer Hy ons dit sę? As ‘n prediker neem ek hierdie woord van die Here baie ernstig op. Daarmee nooi hy elke pastoor, evangelis, leeraar of lidmaat om “hoër op” te kom na die plek van regverdige eer. Wat se eer is dit waarnatoe Hy ons uitnooi?
Dit is om die geestelike outoriteit te ontvang wat die hardste muur in mense se harte kan binnedring. Dit is om Sy salwing te hę sodat elke sluier wat oor die verstand van elke verblinde siel geskeur kan word. Inderdaad is hierdie roeping om “hoër op” te kom ‘n roeping om in die volheid van God se aanraking te kom. Dit is ‘n roeping om ‘n ryker intimiteit te hę en om ‘n meer oortuigende, versekerde, regverdige spreekbuis van die Here te word.
Tog, die feit bly staan: so lank as wat ek aanhou grootpraat - so lank as wat “my” werke en “my” bediening in omtrent elke gesprek geopper word - kan daar geen ware outoriteit in my prediking wees nie. Ek moet bely dat ek onlangs geskok was deur wat ek myself hoor sę het aan sekere mense toe ek aan hulle voorgestel is. Ek het in my woorde ‘n subtiele behoefte om erken en gerespekteer te word, ervaar. Ek was nie besig om die agterste sitplek in die huis te neem nie.
Ek glo hierdie woord is veral moeilik vir predikers, maar dit is ‘n woord vir elke kind van God. Hierdie stelling van Jesus bevat die moeilikste werk ooit waarvoor Hy ons geroep het. Hy roep ons om te leer en te luister na andere en nie te probeer om dit beter as hulle te doen nie. Ons is almal geroep om verkondigers van Christus se evangelie te wees en sonder nederigheid, val ons woorde op die grond en gaan verlore.
Laat my u ‘n voorbeeld gee van ‘n persoonlike ervaring. By ‘n middagete vir predikers, jare gelede in New York Stad, het ‘n leier prediker gespog oor ‘n bekende miljoenęr wat sy kerk bygewoon het. Op ‘n stadium het ek ook ingespring en gesę, “O, ja, hy kom dikwels na ons byeenkomste.”
Ek was agterna so skaam. Platgeslaan in my gees het ek gebid, “ O Here, sal ek tog ooit leer om op te hou spog en eerder my mond toemaak?”
2. Geestelike outoriteit word gegee aan hulle wat die saad van afguns en jaloesie in hulself herken.
Ons het almal saad van jaloesie en afguns in ons. Die vraag is, wie sal dit erken?
‘n Heilige Puritein met die naam Thomas Manton het oor die menslike neiging na afguns en jaloesie gesę: “Ons word met hierdie Adamse sonde gebore. Ons kry dit saam met ons moedersmelk in.” Dit is so diep deel van ons.
Sulke sondige sade verhoed ons om ons te verheug in die seëninge en prestasies van andere se bedienings of werke. Hulle effek is om kragtige mure tussen ons en ons broers en susters op te rig: “Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?“ (Spreuke 27:4).
Jakobus het herby bygevoeg, “Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie” (Jakobus 3:14).
As ‘n boodskapper van Christus se evangelie, mag ek nie vasklou aan enige jaloesie of afguns teenoor iemand anders nie. Jakobus maak dit duidelik dat dit my sal verhinder om te preek of te leer met enige geestelike outoriteit, omdat ek dan ‘n leuen en teen die waarheid sou lewe.
In eenvoudige terme gestel, hierdie sonde van jaloesie en afguns is ‘n dodelike gif. En ek skryf hierdie boodskap vandag omdat die Heilige Gees aan my die veragtelike boosheid in hierdie sonde in die Here se oë gewys het. As ons daaraan vasklou, sal dit nie net ons geestelike outoriteit kos nie, maar ons ook oopstel vir demoniese aktiwiteit.
Koning Saul Het Die Duidelikste Bewys
Hiervan In Die Hele Skrif Gelewer.
In 1 Samuel 18, vind ons Dawid aan die terugkeer van ‘n veldslag waarin hy die Fillistyne verlaan het. Terwyl hy en koning Saul in Jerusalem ingery het, het die vroue van Jerusalem al singende en dansende uitgekom om Dawid se oorwinnings te vier, “Saul het sy duisende verslaan en Dawid sy tienduisende.”
Saul was seergemaak deur hierdie heuglike viering en het gedink, “…Hulle het Dawid die tien duisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry!” (1 Samuel 18:8).
Onmiddellik was Saul gevul met ‘n gees van jaloesie en afguns. In net die volgende vers, lees ons wat die effek daarvan op hom was: En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad” (18:9).
Daardie hele nag, het Saul in sy binneste gekook, was hy dikmond en het in selfbejammering verval. Hy het gedink, “Ek het so hard gewerk, alles vir hierdie mense opgeoffer. En nou het hulle teen my gedraai deur vir Dawid meer eer te gee as vir my. Hulle sing die lofliedere vir my assistent minister, terwyl hulle my ignoreer.”
Hierna was dit tragies, “Saul het Dawid se vyand geword al die dae” (18:29).
Saul Was Heeltemal Mislei
Deur Sy Jaloesie
Die realiteit was dat dit nie saak gemaak het hoe hard die mense vir Dawid geprys het nie. God se Gees was steeds op Saul en het hom die geestelike outoriteit en salwing gegee en Israel het hom steeds liefgehad. Inderdaad het God Saul liefgehad en die Here se belofte om hierdie man ‘n ewigdurende huis te bou, was steeds in plek.
As Saul homself voor die Here in berou en bekering gedompel het, die vyand se verraderlike aanval op sy siel erken het - as hy sy eie afguns raakgesien het en uit sy hart verdryf het - sou God sy gesalfde met groot eer beloon het. Saul sou nie net Israel se eerste koning geword het nie, maar ook sy grootste. En die waarheid oor Dawid is dat hierdie lojale kaptein met blydskap die hele koninkryk vir Saul sou beveilig het met al sy militęre bevoegdhede.
Maar Saul kon homself nie bring om die agterste sitplek in te neem nie. In plaas daarvan, was hy deur sy afgunstige gees gedring om die voorste te neem. En wat die volgende dag gebeur het, moet ons met ‘n heilige vrees vul.
“Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, … En Saul was bevrees vir Dawid, omdat die HERE met hom was en van Saul gewyk het” (18:10-12).
Elke gemeente, klein of groot, verdien om te hoor dat die Woord van God met outoriteit gepreek word. Maar dit kan eenvoudig nie gebeur nie totdat Sy dienaars oral oor, hierdie kwessies van die hart met God uitgestryk het.
Onder die verbond wat God ons in die Nuwe Testament gegee het, is dit nooit te laat om jou hande op hierdie bonatuurlike outoriteit te lę nie.
God het elkeen van ons in hierdie laaste dae nodig. En elke nasie het ‘n bedienaar van die Woord nodig wat met ware geestelike salwing beweeg, of dit nou ‘n geordende en of dit ‘n gewone lidmaat is,. Eenvoudig gestel, Chrsitus moet met outoriteit verkondig word. En die woord wat aan ons gegee is om te preek, is nie ingewikkeld nie.
Ek moet erken dat ek self nog nie ten volle in hierdie geestelike outoriteit ingegaan het nie. Tog, in Sy liefde en genade, het die Here aan my gesę wat ek moet doen om ‘n altyd toenemende maat daarvan te kry.
Twintig jaar gelede het ek op die hoek van 42ste Straat en Broadway straat gestaan, in die hartjie van Time Square, en gebid dat God ‘n kerk sou oprig daar by die kruispaaie van die węreld. Time Square Kerk is op daardie straathoek gebore en elke jaar keer ek terug na dieselfde plek om met die Here te praat.
Verlede maand, naby my vyf-en-sewentigste verjaarsdag, het ek teruggegaan en by dieselfde plek gestaan waar ek jare gelede gestaan het. Hierdie keer het ek die Here gevra, “Wat wil U hę moet ek doen vir die res van my dae? Waarop moet ek my fokus plaas?”
My antwoord het gekom: “Kom nader aan My, en Ek sal nader aan jou kom.” Dit was al.
Dit is nou my eerste prioriteit. Ek moet meer tyd spandeer om slegs nader aan die Here te kom. Ek is oortuig dat dit tydens hierdie tye van nabyheid is dat Hy aan my Sy hart sal wys en aan my openbaar wat in myne is.
Met ‘n Baie Diep Gewaarwording, Glo Ek Dat Dieselfde Taak
Voor Ons Almal Lę: Die Taak Om Tot God Te Nader.
Om tot God te nader beteken vir elke Christen om te bid sonder ophou ... om nooit op te gee nie... om tyd vir die Here te maak ... inderdaad, om Hom die belangrikste werk in ons lewens te maak.
Ek glo dat as ons na sy woord luister en doen, sal God getrou alles wat nie soos Christus is in ons lewens, deur Sy Gees verwyder. En Hy sal oor sy dienaars geestelike salwing uitgiet, vir die verkondiging van sy Woord met outoriteit en krag.
---
Gebruik met toestemming van World Challenge,
P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA.
KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS:
Hierdie dokument is die eksklusiewe eiendom van “World Challenge”. Dit mag onder geen omstandighede verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs in geheel gereproduseer word vir die doel van gratis verspreiding. Alle reproduksies moet die kopiereg kennisgewing bevat [bv. Kopiereg © 2000 deur “World Challenge”]. Die dokument mag nie gebruik word vir herverkoop of om die verkope van enige ander produk te bevorder sonder die toestemming van World Challenge nie. Die beperking sluit die hele inhoud in met die uitsondering van ‘n paar kort aanhalings. Gee asseblief altyd krediet aan die volgende bron: “Kopiereg © 1999 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA.”
Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op enige ander webtuiste gepubliseer word nie. Die “Lorain County Free-Net Chapel” besit die eksklusiewe regte van “World Challenge Inc.” om hierdie boodskappe op hulle webtuiste te publiseer. U is welkom om die inligting af te laai, te kopieer en te versprei, solank u dit nie op ‘n ander Internet webtuiste publiseer nie. U is ook welkom om 'n skakel na hierdie dokumente op u webtuiste aan te bring.
Hierdie webtuiste is 'n diens van
The Missing Link, Inc.®
Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme
Webtuiste - misslink.org
Die Kapel webtuiste - misslink.org/chapel2.html
Tuiste van David Wilkerson se Time Square Kerk Kansel Reeks
www.tscpulpitseries.org
Kopiereg © 2002 - Lorain County Free-Net Kapel
North Central Ohio, V.S.A.
Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle.
Hierdie bladsy is op datum gebring op 16 Maart 2007.
Waarom Herlewing Nog Talm/
"Hulp!"/
Wat is Hier?/
Ons borg/
Geloofsverklaring/
Bybelstudie
Rondom die Klavier/
Bulletin Bord/
Biblioteek/
Kapel/
Indeks vir Afrikaans/
Kansel Reeks