[World Challenge Kansel Reeks] Waak oor jou liefde vir Christus! (Guard Your Affection for Christ!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Afrikaans Sermon Index + Kapel + Teken in + Copyright ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson November 3, 1997 __________ In die eerste drie hoofstukke van Openbaring, sien die apostel Johannes n wonderlike gesig: Hy sien Jesus loop tussen die sewe Nuwe Testamentiese gemeentes van Asi. Christus se o vlam soos vuur en Hy dra Priesterlike klere. Dit is duidelik dat Hy gekom het om hierdie gemeentes se geregtigheid te oordeel. Petrus skryf: "die oordeel moet begin by die huis van God" (1 Petrus 4:17). En nou, soos Jesus voor die gemeentes verskyn, begin Hy hulle te oordeel volgens die goed en die kwaad wat Hy sien. Hierdie oordele verskyn in Openbaring 2 en 3 - beide rooiletter hoofstukke wat beteken dat elke woord direk deur Jesus ges word. Hierdie sewe gemeentes was werklike gemeentes, op regte plekke gele - Efese, Smirna, Laodisea ensovoorts. Tog hoor Johannes God se stem praat met nie alleen hierdie spesifieke gemeentes nie - maar met die universele kerk - met elke gelowige wat uitsien na Jesus se spoedige wederkoms. Jesus begin met Sy oordele deur al die baie gesende dinge wat die gemeentes doen, te noem, asook die ander dinge wat Hom diep seermaak - en dan gee Hy n waarskuwing aan elke gemeente. Sy eerste boodskap is aan die Christene in Efese - n gemeente gegrondves op die goddelike leerstellinge van die apostel Paulus. Jesus se oordeel van die Efesirs is, " dat jy jou eerste liefde verlaat het" (Openbaring 2:4). Wanneer Jesus die woorde "eerste liefde" gebruik, praat Hy nie van die onvolwasse liefde wat ons ervaar wanneer ons net gered is nie, maar Hy praat van eksklusiewe liefde. Hy s: "Daar was eens n tyd waar Ek die eerste plek in jou hart beklee het, maar nou het julle daardie eksklusiewe liefde vir My verloor. Julle het toegelaat dat ander dinge My plek inneem!" Dit is veelseggend dat van al die sondes wat Jesus in hierdie kerke uitwys - hoerery, gierigheid, louheid, valse leerstellinge, Isebels in outoriteit, dooie aanbidding, geestelike blindheid - is die eerste sonde wat Hy noem, die een wat hom die meeste seermaak: n verlies aan liefde vir Hom. Ons God is n jaloerse Minnaar - en Hy sal nie toelaat dat iets voor Sy liefde vir Hom kom nie! ------------------------------- Ek Glo dat van Al die Sewe Gemeentes, het die Christene van Efese Christus die Seerste gemaak! ------------------------------- Dawid skryf: "Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig" (Psalm 41:10). Ek identifiseer met Dawid se woorde. Die mense in my lewe wie my die maklikste kan seermaak, is hulle wat my die liefste het. My halfhartige vriende kan my nie regtig seermaak nie, en ook nie my vyande nie. Maar hulle wat daarop aanspraak maak dat hulle die naaste aan my is, kan my diep seermaak. Hierdie Christene in Efese, het baie naby aan die Here gewandel. Terwyl ek deur Paulus se brief aan die Efesirs lees, staan ek verwonder oor hoe hulle die evangelie uitgeleef het. Paulus het baie komplimente vir hulle gehad. Hy noem hulle " heiliges gelowiges in Christus Jesus gesen met alle geestelike seninge in die hemele in Christus uitverkies voor die grondlegging van die wreld voorbeskik om ons as Sy kinders vir Homself aan te neem deur Christus, na die welbehae van Sy wil" (Efesirs 1:1-5). Paulus voeg by dat hulle mense is wat vergewe is en dat hulle die openbaring van die verborgenhede van Christus het en dat hulle "versel is met die Heilige Gees van die belofte" (vers 13). Hy bid verder dat hulle " die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte o van julle verstand, sodat julle kan weet wat die uitnemende grootheid van Sy krag is vir ons wat glo " (verse 17-19). Hierdie Christene is " lewend gemaak saam met Christus (wie julle) saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus" (2:5-6). Paulus noem hulle Christus se " maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke (en) naby gekom deur die bloed van Christus" (verse 10,13). Hy s dat deur God se genade hulle " verrys tot n heilige tempel in die Here in die Gees" (verse 21-22). Wat n beskrywing van gesende, heilige mense! Net so komplimenteer Jesus ook die Christene in Efese in die boek van Openbaring. Hy s vir hulle, "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid" (Openbaring 2:2). Met ander woorde: "Ek ken al die goeie dinge in julle lewens. Julle werk geduldig vir My sonder om te kla en julle sal enigiets vir ander doen. Julle is fluks in jul goeie werk - en Dit is prysenswaardig!" Jesus komplimenteer hulle verder en wys uit: " dat julle slegte mense nie kan verdra nie" (dieselfde vers). Hy s ook iets belangriks, "Julle haat sonde met n passie! Julle verdra Dit nie - nie in julle lewens, huise of kerk nie. Julle het goeie morele standaarde en Dit is ook prysenswaardig!" " jy het di op die proef gestel wat s dat hulle apostels is en Dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;" (dieselfde vers). Jesus s, "Julle is gewortel en gegrondves in suiwer leer en julle is nie rondgegooi deur al die jongste leerstellings van die vlees nie. Julle is bekwaam om tussen die egte en valse profete te onderskei en julle stel hulle as leuenaars aan die kaak, tot voordeel van almal. Ek prys julle ook daarvoor!" " dat jy die werke van die Nikolaete haat, wat Ek ook haat" (vers 6). Met ander woorde: "Julle verwerp antinomianisme - die leerstelling wat s dat deur net geloof te h, kan n mens doen wat jy wil. Julle haat al die leerstellinge wat s dat God al die werke van die vlees oorsien. Julle staan getrou op teen onheilige lewenswyses en julle hou vas aan geregtigheid. Dit is ook hoogs prysenswaardig!" Dit word in hierdie gedeelte gou duidelik dat die Efesirs nie net n klomp groentjies of louwarm heiliges is nie. Nee, Jesus is besig om die harte te ondersoek van mense wat goed gegrond is in die waarheid van die evangelie - en wat Dit deur hulle werke en hulle lewens bewys deur op te offer, te arbei en op te staan vir die waarheid. Tog wys Jesus nog iets in die harte van die Efesirs uit Hy sien n groot fout raak. Hy s, "Ek sien al julle werke julle haat die sonde, julle liefde vir die waarheid, julle geregtigheid en moed. Tog het julle op n manier in al julle werke toegelaat dat julle eerste liefde kwyn. Julle liefde vir My is besig om dood te gaan!" "Maar Ek het Dit teen jou, dat jy jou eerste liefde verlaat het" (vers 4). Geliefdes, ek het hierdie vers gelees en weer gelees en ek het tot die besef gekom dat die erns hiervan nie oorgesien kan word nie. Dit kan nie ligtelik opgeneem word nie. Ek sou graag wou dink dat ek n Efesir-tipe Christen is, iemand wat n getroue arbeider is. Ek wil glo dat my lyding om Jesus ontwil is, dat my goeie werke Hom eer bewys, dat ek n regverdige lewe handhaaf, dat ek saam met Hom in hemelse plekke is. Maar wanneer ek lees dat Jesus tussen sulke goed geleerde mense loop soos die Efesirs en dan s: "Ek het iets teen julle" - gryp Dit my siel vas! Ek moet my Here vra: "Jesus, het U iets teen my? Het ek my liefde vir U verloor?" ------------------------------- Christus se waarskuwing Is Nie Net Vir Christene van n Vergange Era nie Maar vir Ons Vandag! ------------------------------- Ek glo hierdie waarskuwing aan die Efesirs is vir my persoonlik bedoel asook vir elke Christen wat in hierdie laaste dae lewe! Eenvoudig gestel s die Here vir ons, "Dit is nie genoeg om 'n sorgsame, vrygewige, hardwerkende dienskneg te wees wat sonde haat en die waarheid preek nie. Dit is nie genoeg om die morele standaarde hoog te hou, lyding om My ontwil te verduur, of selfs verbrand te word vir jou geloof nie. Dit is alles deel van My kruis opneem." "Julle kan al hierdie dinge in My Naam doen, maar as julle liefde in die proses om Dit te doen nie toeneem nie as Ek nie meer en meer die een groot liefde in jou hart word nie dan het jy jou eerste liefde verlaat! As jou liefde vir My nie meer n saak van groot erns by jou is nie, dan het Ek iets teen jou!" Dink aan Dawid se woorde: "Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie" (Psalm 73:25). Hierdie is kragtige woorde tog s Dawid nie, "Ek het nie menslike liefde nie." Hy weet dat God menslike liefde gesen het. Dawid bedoel eerder, "Daar is niemand wat ek so eksklusief in my hart liefhet as my Here nie. Ek begeer Hom bo alle ander dinge!" Dawid skryf ook, "o God U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in n dor en uitgedroogde land, sonder water" (Psalm 63:2). "Soos n hert smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! My siel dors na God, na die lewende God" (Psalm 42:2-3). Dawid s, "Ek dors diep na die Here, soos n hert wat smag na water nadat Dit gejaag is. n Hert sal verby die punt van uitputting gaan om die water te vind wat Dit soek!" Net so, s Jesus vir die Christene in Efese, "Julle soek My nie meer soos die hert nie, Ek is nie meer jou belangrikste begeerte nie. Jy mag gewillig wees om dinge vir My te doen maar Ek is nie meer die middelpunt van jou hart nie!" ------------------------------- Christene Het Hierdie Gedeelte In Openbaring Vir Jare Ligtelik Opgeneem! ------------------------------- Sommige gelowiges mag reageer, "Wat is die erns van die saak? Miskien is ek nie so verdiep in die Here as voorheen nie. En miskien het my liefde vir Hom effens verflou. Maar, wat daarvan? Jesus weet ek het Hom nog lief." Nee! Jesus neem enige gebrek aan liefde vir Hom baie ernstig op. Hy s dat hierdie gebrek tot n val lei: "Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou" (Openbaring 2:5). Jy mag antwoord, "Ek kan verstaan hoe n daad van egbreuk n val kan wees en ek kan sien dat om terug te gaan na dwelms of drank n val kan wees. Maar hoe kan Dit n val wees deur jou intense liefde vir Christus te verloor?" Jesus waarsku, "bekeer jou en doen die eerste werke (dieselfde vers). Hy s: "Dink terug aan hoe jy was toe Ek jou die eerste keer gered het! Jy kon nie wag om Sondae kerk toe te gaan nie en om die mense te vertel hoe lief jy My het nie. Jy het al jou vrye tyd spandeer om My Woord te bestudeer en om te leer van My liefde vir jou. Jy het My liewer gehad as die lewe self." "Maar nou het jy daarvan afvallig geword. Nou kry Ek so min van jou aandag. Jy het koud geword teenoor My. Iets anders het jou hart oorgeneem!" Jesus rig n ernstige waarskuwing in hierdie vers: "bekeer jou en doen weer die eerste werke; anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie" (dieselfde vers). Vir baie jare het teolo hierdie waarskuwing probeer versag sodat Dit iets anders moet beteken. Maar Dit mag nie versag word nie! Dit beteken presies wat Dit s. Jesus s vir ons: "As julle daarop aanspraak maak dat julle die vuur van God het, terwyl Ek nie meer die brandende hartstog van jou hart is nie sal Ek elke bietjie lig wat jy het wegneem! Dit maak nie saak watter goeie werke jy vir My doen nie, jy sal nie meer My getuie wees nie. Ek sal net eenvoudig niks wat jy doen erken nie, want jy het jou eerste liefde verloor!" Daar is verskeie tekens en bewyse van n tanende liefde vir Christus. Ek wil drie hiervan noem. Ek glo jy kan jou liefde vir Jesus meet deur die volgende drie dinge te ondersoek: ------------------------------- 1. Jou Liefde Vir Christus Is Besig Om Dood Te Gaan As Jy Meer Tyd Spandeer aan die Dinge van Hierdie Wreld en Minder Tyd In Sy Teenwoordigheid! ------------------------------- Wat is nou in jou hart? Verlang jou siel na Jesus, of na die dinge van hierdie wreld? Onlangs het ek n ontstellende brief van n vrou op ons poslys gekry. Sy het geskryf: "My man was eens aan die brand vir die Here. Vir jare het hy homself getrou vir die Here se werk gegee, maar vandag is hy vasgevang in sy nuwe nastrewe perde! Hy het verskeie gekoop, en het nou totaal behep geword daarmee. In plaas daarvan om God se Woord te bestudeer, spandeer hy al sy vrye tyd om te lees oor hoe om perde te teel. Hy het nie meer tyd vir die Here of vir my nie. Ek is bekommerd oor hom, want hy het so koud geword!" Natuurlik is daar niks mee verkeerd om perde te h of om genteresseerd in hulle te wees nie, maar Jesus het n gelykenis oor presies dieselfde soort "regmatige tydverdryf" vertel. n Welgestelde man het sy dienskneg gestuur om al sy vriende na n groot fees wat hy gehou het, te nooi. Maar die Skrif s dat die man se vriende "het hul almal eenparig begin verontskuldig" (Lukas 14:18). Een vriend het aan die dienskneg ges, "Ek het n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog." Die volgende vriend het aan die dienskneg ges, "Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle nou probeer. Ek vra u, verskoon my tog." n Ander vriend het ges, "Ek het n vrou getrou en gaan op my wittebrood. Ek het nie tyd om na die fees te kom nie." Hierdie man het al sy vriende genooi om n intieme tyd van vriendskap en kameraadskap met hom deur te bring. Hy het al die relings vir hulle gerief en gemak getref, die tafels is gedek en alles is voorberei, maar niemand het opgedaag nie. Elkeen was net t besig of t besorg oor sy eie dinge. Tog het elke persoon n goeie, regmatige verskoning gehad waarom hulle nie kon gaan nie. Hulle het nie hulle vriend se fees probeer vermy om te gaan partytjie hou of om kroeg toe te gaan nie. Inteendeel, die Bybel beveel die dinge waarmee hulle besig was, aan: Koop en verkoop kan sekuriteit verskaf vir jou familie en om n goeie kopie uit te toets is gesonde besigheidspraktyk. Ten laaste is n huwelik n sen wat deur die Bybel aangemoedig word. Maar kyk hoe het die welgestelde man gereageer? Die Skrif s, "Toe s die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. Want ek s vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie." (verse 23-24). Jesus maak een punt baie duidelik in hierdie gelykenis: Elkeen van hierdie goeie dinge word sondig wanneer Dit bo die Here gestel word! Laat ek n voorbeeld gee: n Gunsteling aktiwiteit vir baie Christene is om n kerk saam met vriende na n restaurant te gaan, waar hulle dan vir ure sit en gesels oor die dinge van God terwyl hulle n toebroodjie en n koppie koffie nuttig. Wanneer hulle dan uitendelik die restaurant verlaat, gesels hulle nog n halfuur in die parkeerterrein voor hulle vertrek. Dit isn wonderlike tyd van broederskap vir almal, maar wanneer hierdie Christene tot diens geroep word, het hulle geen tyd om saam met die Here te spandeer nie. Gedurende my vroe jare in die bediening, het ek verskeie geestelike vriende gehad wie ek bewonder het vir hulle toegewyde gebedslewens. Hulle het vir ure op hulle aangesigte in die Here se teenwoordigheid spandeer en hulle dienste het Dit gewys. Hulle het met vuur, salwing en lewe gepreek! Sommige van hierdie manne het later na die kweekskool gegaan om n dieper kennis van die Bybel te soek. Hulle het verdiep geraak in Hebreeuse en Griekse studies om die Skrif beter te ken en verstaan. Hulle studies het ook vereis dat hulle baie ander boeke lees. Op die ou end, het baie van hierdie mans egter hulle vuur vir Jesus verloor. Hoekom? Hulle het so baie tyd spandeer om wettige boeke te lees - literatuur, kommentare, handboeke dat hulle nagelaat het om self die Woord van God te bestudeer. Hulle najaag van kennis het hulle van hulle liefde vir Christus beroof! Enige "goeie" of "wettige" ding word sonde wanneer Dit 'n hor prioriteit as die Here in jou lewe kry! ------------------------------- 2. Jy Kan Jou Liefde vir Christus Meet aan Hoe Diep Jy Geraak Word Deur Enigiets Wat Jou Beroof Van Kwaliteit Tyd Alleen Met Hom. ------------------------------- As jy deur jou daaglikse lewe kan gaan om allerhande onderbrekings en eise te hanteer, maar nie eers tien minute in die Here se teenwoordigheid spandeer nie - dan is jou liefde vir Hom besig om dood te gaan! Dink hieraan: As jy iemand bo alle ander liefhet, dan laat jy daardie persoon voel asof hy die belangrikste wese op aarde is. Enige iemand anders word vaag in vergelyking met hom. Is Dit nie hoe jy voel oor jou eggenoot in die begin toe julle mekaar die hof gemaak het nie? Wanneer sy gebel het en jy was besig, het jy alles gelos net om met haar te gesels. En as enige iemand anders inbreuk op julle tyd saam gemaak het, was jy wrewelrig! Jou een groot begeerte was om die liefde tussen julle te ontwikkel. Alle ander dinge het die tweede plek ingeneem. Tog gaan baie Christene vir weke en selfs maande aan sonder om kwaliteit tyd saam met Jesus te spandeer. Hy bly heeltyd op die agtergrond. Hulle mag getuig en s, "Ek het Jesus lief met my hele hart" maar hoe kan Dit waar wees as hulle Hom vir dae lank ignoreer? In Hooglied van Salomo, kan die bruid nie slaap nie, omdat haar beminde "weggedraai" het (Hooglied 5:6). Hierdie vrou het in die middel van die nag opgestaan en ges: " ek het my besinning verloor ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie; ek het na hom geroep, maar hy het my nie geantwoord nie" (dieselfde vers). Toe het sy die strate ingehardloop en orals na haar beminde gesoek, terwyl sy uitroep, "Het julle my beminde gesien?" Hoekom was Dit vir haar so n ernstige saak? Dit was omdat sy ges het, " Dit is my beminde en Dit is my vriend " (vers 16). "Dat ek krank is van liefde [swak van begeerte vir hom]" (vers 8). Sy kon nie sonder haar beminde lewe nie! Ek ken n paartjie wat ernstige huweliksprobleme ondervind. Die man het my vertel, "My vrou het my nooit laat voel dat ek vir haar belangrik is nie. Na elkeen, neem ek die tweede plek in haar lewe in!" Hierdie man moet baie reis as deel van sy werk. Een keer toe hy op die pad was, het sy vrou gebel en vir hom ges dat sy n romantiese ete vir sy terugkeer beplan. Dit sou net die twee van hulle wees, n tydjie van romantiek en intimiteit. Vir dae het die man uitgesien na hierdie spesiale aand. Toe hy uiteindelik by die deur instap, was alles net soos sy belowe het. Sy het sy gunsteling rok gedra en sy het sy gunsteling gereg voorberei. Tien minute nadat hulle aangesit het, het die foon gelui. Die man het sy vrou se arm aangeraak en ges, "Laat Dit lui. Ek het s uitgesien na hierdie tydjie saam met jou." Sy het geantwoord, "Nee, Dit kan belangrik wees" en het sy vinnig opgestaan om die foon te antwoord. Hy het by haar gepleit, "Asseblief! Laat ons net hierdie een keer ons tydjie saam geniet." Sy het hom verseker, "Dit sal net n oomblik wees." n Halfuur later het sy teruggekom en aangekondig: "Dit was moeder. Sy is so depressief dat ek haar oorgenooi het. Sy moet vanaand by mense wees." Hierdie man het altyd afgesny gevoel van sy vrou se lewe. Daar was altyd iemand, of een of ander onderbreking wat vir haar belangriker gelyk het as hyself. Hy het my vertel, "Sy gesels ure met haar vriende of gee raad en advies aan ander persone, maar elke keer as ek haar vir kwaliteit tyd vra, dan s sy sy het nie tyd vir my nie. Dit kan nie liefde wees nie!" Ek vra jou hoe moet Jesus voel as Hy die tafel dek, opgewonde uitsien na ons geselskap en ons daag nooit op nie? Die Bybel noem ons Sy bruid, Sy geliefde, Sy een groot liefde; Dit s dat ons gemaak is vir gemeenskap met Hom. Hoe moet Hy dan nie voel as ons gedurig ander bo Hom verkies nie? ------------------------------- 3. Jou Liefde Vir Christus Is Besig om Dood te Gaan As Jy Toegee aan n Boesemsonde! ------------------------------- Ek praat nie hier van Christene wat steeds veg teen hulle sonde nie wie nog nie vry is daarvan nie, maar Dit haat. Sulke gelowiges roep getrou uit na God, en glo die Heilige Gees om hulle krag te gee om oorwinning oor hulle sondige gewoontes te kry. Nee, ek praat van die wat dink hulle mag maar voortgaan om 'n getuie vir Christus te wees en terselfdertyd hulle boesemsonde vertroetel. Hulle het die geestelike stryd teen hulle lis laat vaar en so heeltemal daaraan toegegee! Ek het onlangs n hartseer brief van n pastoor se vrou ontvang. Sy vrou het gesien hoe sy verhoudings versleg en hoe sy bediening uiteindelik misluk het. Ten laaste het sy eendag terwyl sy skoonmaak, n hoop pornografiese video's ontdek. Sy het haar man daarmee gekonfronteer en Dit uitgegooi. Die man het egter later uitgesluip en die video's uit die vullisblik gaan haal. Hy het erken dat hy nie daarvan kon wegbly nie! Nou het hy vir my geskryf, "Pastoor Dave, bid asseblief vir my. Ek het die bediening verlaat en hou nou skool, maar nie een van my mede-onderwysers respekteer my nie." Hoekom respekteer niemand hierdie man nie? Dit is omdat sy kandelaar verwyder is! Hy kon nie Christus se getuie wees nie - want die Here was nie langer met hom nie. Dit maak nie saak hoeveel trane hy gestort het of hoeveel belydenisse hy gemaak het nie, hy sal tussen die lewende dooies wees solank hy aan sy sonde vasklou. Hoe anders was Dit nie toe n jong man na my gekom het in trane en bely het, "Pastoor David, ek het teruggeval in sonde! Ek het op n high gekom en het amper n oordosis geneem. Maar toe ek op die randjie van die hel gestaan het, het ek gesien hoe seer my sonde Jesus maak. Ek kan Dit nie langer aan Hom doen nie!" Terwyl ek saam met hom gebid het, het hy sy smart uitgeroep, "Here ek is so jammer oor hoe seer ek U gemaak het!" Hierdie jong man se kandelaar sal nie verwyder word nie. Sy lig sal weer skyn! Jy sien, Jesus belowe in dieselfde paragraaf, "bekeer julle en doen die eerste werke Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is" (Openbaring 2:5,7). God belowe die paradys aan almal wat hulle sonde bely. Is jou liefde vir Jesus eksklusief? Spandeer jy gereeld kwaliteit tyd om saam met Hom te wees? Of het ander dinge wat al jou gedagtes en aandag in beslag neem, in jou hart ingekruip? Jesus vra jou n om te bely en van voor af te begin. Hy wil h jy moet besin en besef, "Wag n bietjie ek sien hoe hierdie ding in my lewe ingekruip het. Dit beroof my van my eksklusiewe liefde vir Jesus! Ek kan Dit nie langer so laat aangaan nie. Ek moet terugkeer na my liefde vir Hom. Here, vergewe my! Steek my kandelaar weer aan die brand!" Keer vandag terug na jou eerste liefde. Vra Hom vir genade en krag om weer te begin en waak dan oor jou liefde vir Christus! --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, TX 75771, VSA. ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Afrikaans Sermon Index + Kapel + Teken in + Copyright ------------------------------------------------------------------------ Times Square Church Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie data ler is die alleen eiendom van World Challenge. Dit mag nie op enige wyse verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs gedupliseer word om vrylik, sonder enige koste te versprei. Alle duplikate van hierdie data leer moet die kopiereg boodskap bevat: [d.i.: Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA.] Hierdie data leer mag nie gebruik word vir herverkoop of die verkope van 'n ander te stimuleer sonder die toestemming van World Challenge nie. Dit sluit die hele inhoud in met dieuitsondering van 'n paar aanhalings. Gee asseblief krediet aan die volgende bron: Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Die materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op ander web bladsye geposteer wees nie. Die Lorain County Free-Net Kapel het die regte van World Challenge Inc. om hierdie materiaal op hul Webtuiste te plaas. U is vry om hierdie inligting af te laai, te kopieer of uit te druk solank u Dit nie op 'n Internet site plaas nie. U mag egter hierdie booskappe met u website verbind. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie Webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/Kapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - The Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Bladsy laas op datum gebring March 3, 1999. Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Afrikaans Index/ Kansel Reeks