[Click here to go to World Challenge Kansel Reeks Veeltalige Webwerf] Die Ongelooflike Sen Om In Christus Te Wees!! (The Incredible Blessings Of Being in Christ!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson 5 Januarie 1998 __________ Christene leef vandag in n tyd van geweldige lig. Die Heilige Gees het aan ons die magtige betekenis van Jesus se werk aan die kruis geopenbaar, en die ongelooflike seninge wat dit vir ons beteken. Tog was daar n tyd toe Christus se wonderlike werk vir die wreld verberg was. Daardie tydperk het bekend gestaan as die Donker Eeue - om die eenvoudige rede dat die betekenis van die kruis van die o van die mensdom versluier was. Die meeste preke gedurende daardie tyd het gefokus op God se toorn en veroordeling. Die Pouse en Priesters het n evangelie van werke gepreek - en die mense hetdeur n verskeidenheid van werke probeer om vrede met God te maak. Hulle het myle ver gereis na tempels, hulle het gekniel en steen afgode aanbid, lang gebede herhaal, gebeds krale gestreel. Tog het al hierdie dinge net die bindings op hulle lewens vermeerder en dieper donkerte in hulle siele veroorsaak. Die mense het toe niks geweet van die voordele en seninge wat daar beskikbaar was deur Christus se oorwinning op Golgota nie. En tog, selfs vandag, met al die lerings wat daar beskikbaar is oor die onderwerp, verstaan die grootste aantal Christene nog steeds nie die baie belangrike aspekte van Christus se werk vir ons nie. Ek sou graag oor een van hierdie aspekte wou praat in hierdie boodskap - en dit is, wat dit beteken om in Christus te wees. As n skaapwagter van die Here se kudde, preek ek af en toe oor die onderwerp van die hel, oordeel en God se toorn. Maar meer en meer word ek daarvan oortuig dat die enigste manier hoe ek God se mense na n oorwinnende lewe kan lei, is om die seninge en voordele om in Christus te wees te preek. Die feit is, om in Christus te wees is die enigste fondament waarop ware heiligheid en regverdigheid gebou kan word. Sonder die fondament, sal ons op ons vlees vertrou en probeer om n soort heiligheid in onsself te bewerkstellig. Maar ware heiligheid word verkry slegs deur die rykdom van God in Christus Jesus: Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn, en leer ons om die goddeloosheid en wreldse begeerlikhede te verlon, ingeto en regverdig en vroom in die teenwoordige wreld te lewe. (Titus 2:11-12). Slegs die genade van God kan ons die soort teologie leer wat ons na heiligheid sal lei. En geen werke sal dit ooit kan bewerkstellig nie! Alleenlik soos ons die seninge verstaan wat ons sin is deur in Christus te wees, sal ons op n stewige fondament kan staan: Aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid (Kolossense 1:27). En tog, weet u wat dit beteken om in Christus te wees? Ek het baie Christene al daaroor gehoor praat - maar ek glo dat baie min van hulle dit werklik verstaan! ------------------------------- Ek Bid Dat Die Heilige Gees Ons O Sal Oopmaak Om In God Se Woord Die Ongelooflike Voordele Van Om In Christus Jesus Te Wees Te Ontdek! ------------------------------- God het met Jesaja gepraat oor n sekere dienaar wat sy hart verbly het: Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel n welbehae het (Jesaja 42:1). Wie is hierdie Een wat God bystaan en hoog hou en oor wie se elke tree Hy waghou? Wie is hierdie gekose een, sy uitverkorene - die een in wie Hy hom so verbly? Ons vind die antwoord in die evangelie van Mattes: En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Heilige Gees van God soos n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom n stem uit die hemele wat s: Dit is my geliefde Seun in wie Ek n welbehae het (Mattes 3:16-17). Die Hebreeuse woord vir in wie Ek n welbehae het, beteken hier, verheug. God bedoel daarmee, met ander woorde, My siel is verheug in my seun, Jesus Christus! Dwarsdeur die Ou Testament, was daar tallose skape en beeste aan die Here geoffer. Riviere van diere bloed het vir eeue gevloei. Tog s die Bybel geeneen van hierdie offers het enige vreugde aan die Here gebring nie. Want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie (Hebrers 10:4,6). En tog net in die volgende vers lees ons die wonderlike woorde van Jesus: Toe het Ek ges; Kyk, Ek kom om U wil te doen, o God (Hebrers 10:7). Christus het na die aarde gekom om te doen wat geen diere offer kan doen nie! Daarom s Hy as Hy in die wreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie h nie, maar U het vir My n liggaam berei (Hebrers 4:5). God het n fisiese liggaam vir Jesus op aarde kom voorberei - n liggaam wat die finale, perfekte offer sou voorsien. Kortliks, God het Homself verneder ter wille van ons. Hy het homself ingesluit in n menslike baarmoeder, en ons natuur aangeneem. En Hy het die rykdom van die hemel opgegee om arm te word vir ons - en sodoende sy lewe as n losprys vir ons lewens gegee. ------------------------------- Van Die Grondlegging Van Die Aarde Af, Het God Net Een Plan Gehad Om Die Gevalle, Sondige Mensdom Te Versoen En Terug Te Bring In Sy Groot Genade. ------------------------------- God se plan om die mensdom te red was eenvoudig. Hy het ges, Ek gaan my eie Seun stuur as n Verlosser. En nadat Hy gesterf het, opgestaan het en voor My in heerlikheid sal staan, sal Ek net Hom erken! U sien, Jesus, is die ware Gees en wese van God - en Hy alleen kan ooit voor die Vader staan. God sal nooit enige werke deur die menslike vlees aanvaar nie, dit maak nie saak hoe goed hulle lyk nie. Hy sal Christus alleen aanvaar - die dienaar wat Hom behaag en waarin Hy hom verheug! Die Here s dus, My seun sal die enigste en eerste offerlam wees. En Hy sal in Homself diegene bymekaar maak, wat van Hom afgesny was. Hy sal die mens tot Hom versoen deur Sy eie bloed! Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring (1 Petrus 3:18). Wanneer Jesus s, maar U het vir My n liggaam berei (Hebrers 10:5), het Hy nie alleenlik van n fisiese liggaam gepraat nie, maar ook van n geestelike liggaam. En hierdie liggaam het bestaan uit almal wat in Hom geglo het: Die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid het die dinge onder Sy voete onderwerp, en Hom as Hoof bo alle dinge van die gemeente gegee, wat Sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul (Efesirs 1:17, 22-23). Dit is een liggaam (Efesirs 4:4). Almal wat in Christus is deur geloof is in hierdie geestelike liggaam ingebore. Inteendeel die oomblik dat ons ons harte volkome aan Jesus oorgee, belydenis doen van ons sonde en Hom vertrou, word ons ingegraveer, aangeneem, ingegiet in Sy liggaam: Want ons is lede van Sy liggaam, van Sy vlees en van Sy bene (Efesirs 5:30). Daar is n fisiese mens in die hemel: Jesus, die Seun, wat sit aan die regterhand van die Vader. Maar Hy word nie fisies in die wreld gesien nie. Die feit is, ons - die lede van Christus se liggaam op aarde - is die enigste Jesus wat hierdie wreld ooit sal sien! Tog is die kerk nie n enkele denominasie of n georganiseerde struktuur nie. Dit is nie maar net n versameling van gelowiges wat rondom n leerstelling of n kode of etiek vergader nie. Die kerk, waarna verwys word in die Woord, is veel eerder n liggaam van wedergebore gelowiges wat Jesus as die eersgeborene van n nuwe mensdom erken: Hierdie verborgenheid is groot, maar ek s dit met die oog op Christus en die gemeente (Efesirs 5:32). Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die liggaam (Efesirs 5:23). En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees (Kolossense 1:18). Almal wat in Christus se liggaam is, onderwerp hulle aan God se hoofskap. En hulle weet dat God niemand anders aanvaar, behalwe di wat in Christus is nie! ------------------------------- In Miga 6 Het n Teruggevalle,Verwarde Israel Gevra, Hoe Kan Ons Staan Voor n Heilige God? ------------------------------- Waarmee sal ek die Here tegemoetgaan en my buig voor die ho God Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Sal die Here n welbehae h in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? (Miga 6:6-7). Die Israeliete in die gedeelte het n goeie vraag gevra: Hoe kan enige mens n heilige God nader? Hoe kan ons Hom ooit tevrede stel en deur Hom aanvaar word? Watter soort offer verlang Hy van ons - ons bloed, ons liggaam, ons kinders? God se antwoord word dwarsdeur die Skrif gevind: Ek wil nie julle offers h nie - julle goeie werke, julle beloftes, julle morele dade nie. Nie een van hierdie vleeslike dinge is aanvaarbaar in My o nie. Niks kan My tevrede stel of my verbly nie, behalwe my Seun - en almal wat in Hom bymekaar gemaak is! Op die stadium wil ek h, dat u moet probeer dink aan die mees morele, opregte en eerlike persoon wat u ken. Selfs hy of sy is nie aanvaarbaar in God se teenwoordigheid, buite Christus nie. En al die persoon se goeie werke, goedhartigheid en edelmoedigheid is vuil lappe in God se o! Hoe word ons dan deur God aanvaar? Paulus skryf, hy het ons aanvaarbaar gemaak in Sy geliefde (Efesirs 1:6). Ons word aanvaar slegs as ons in die Geliefde is, dit is, in Christus, n deel van Sy liggaam. Ons goeie werke kom as n resultaat daarvan om in Hom te wees! Om die volheid van die tye te rel, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig (Efesirs 1:10 ).. Want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader (Efesirs 2:18). Ons het geen ander toegang tot God anders as om in Christus te wees nie! As u u hart volkome aan Jesus gegee het, het u dalk ook al dieselfde vraag as die Israeliete gevra: O, God, hoe kan ek U tevrede stel? Hoe kan ek ooit voor U staan met al my tekortkominge en foute? Hoe kan ek deur U aanvaar word, geliefd vir U wees, n behae vir U wees? Ek het gestrewe, beloftes gemaak, my bes probeer. Maar elke keer as ek dink ek maak vordering, neem ek twee tre terug. Moet ek meer Bybel lees? Moet ek meer tyd in gebed spandeer? Moet ek meer getuig? Here, wat wil U van my h? God antwoord ons soos Hy Israel geantwoord het: Ek wil nie een van jou offers h of jou goeie werke nie. Ek erken net die werke van My Seun, wie my verbly en tevrede stel. Tog, het Ek jou gekies as My eie Seun se geliefde bruid. Ek het jou uitgekies van voor die grondlegging van die aarde af om met Hom te verenig, ek het by jou kom vlerksleep, jou probeer oortuig - en deur My Gees het ek jou na Hom toe gebring. Daarom, vra ek jou - hoe kan ek jou nie liefh en my verbly in My Seun se bruid nie - die bruid van my keuse? Ek kan nie my eie vlees haat nie! Jesus het tot die Vader gebid: En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik (Johannes 17:10). sodat die liefde waarmee U my liefgehad het; in hulle kan wees, en Ek in hulle (Johannes 17:26). Jesus het dit baie duidelik gemaak. As ons een is met Hom, geniet ons dieselfde liefde van die Vader wat Hy ook geniet. God verheug Homself net soveel in ons soos Hy Hom in Sy eie Seun verheug! Hy s, Ek het diegene lief wat in My Seun is - want almal wat Syne is, is Myne! Die Bybel leer ook vir ons dat God ons Vader is, net soos hy Christus se Vader is. Jesus getuig: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God (Johannes 20:17). Hoe hard probeer u om God tevrede te stel? Gaan u deur seisoene waarin u voel dat u Hom verheug? En het u ander laagtepunte waarin u voel dat u Hom mishaag? Geliefde, U moet feite bo u gevoelens stel! En die feit is dat God se geno in u het niks te doen met u probeerslae nie, u krag, goeie voornemens of aksie nie. Nee - dit het alles te doen met u geloof? Ek glo God wil h dat ons, soos ek dit noem gefokuste geloof moet h. Dit is n geloof wat s: Al u geloof mag gefokus wees op die een beginsel - dat as u hoop om voor die heilige God te staan, u na Hom moet kom in Christus! Die skrywer van die brief aan die Hebrers waarsku ons teen: n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie (Hebrers 3:12). Dit is n kwessie van geloof! Wanneer ons weg beweeg van die fundamentele leerstelling om deur God aanvaar te word deur in Christus te wees, verwyder ons onsself van die Here af. En dan draai ons terug na die wet van die vlees en geestelike binding! Want ons wat geglo het, gaan die rus in want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne (Hebrers 4: 3,10). Die Woord maak dit duidelik: Die bewys van geloof is rus! Die enigste manier om u wedywer, gesweet, u bekommerde siel tot rus te bring, is om uself te oortuig, Ek is in Christus, en in Hom, is ek aanvaarbaar vir God en behaag ek Hom. Hy verbly Homself in my, ongeag of ek op of af is. Dit maak nie saak hoe ek voel nie, ek weet wat my posisie in Christus is - dat ek saam met Hom in hemelse plekke sit. ------------------------------- As Om In Christus Te Wees Sulke Ongelooflike Seninge Inhou, Hoe Kan Ons Weet Dat Ons Waarlik In Christus Is? ------------------------------- Daar is baie bewyse daarvan om In Christus te wees. Maar ek wil graag drie duidelike bewyse vanuit die Woord aanhaal wat bewys dat u in Christus is. (Neem asseblief kennis - hierdie bewyse is bykomend met u eerste belydenis van sonde, om alle goddeloosheid agter te laat, in Christus te vertrou vir ewigdurende redding en Hom toe te laat om u te verplaas uit die donkerte en in Sy koningkryk van lig in.) 1. U is in Christus as u gedurigdeur in die proses is om hernu te word. Diegene wat in Christus is rus nie op n eenmalige bekerings ervaring nie. Veel eerder is hulle gedurigdeur besig om uit te roep om verander en hernu te word deur die Heilige Gees. Hulle daaglikse gebed is, Here, haal alles uit my uit wat nie soos U is nie. Reinig my en maak my nuut na die beeld van U Seun! Daarom as iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword (2 Korintirs 5:17). Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees; wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser (Titus 3:5-6).. Wedergeboorte beteken hier nuut maak, of opwekking en iets nuuts maak. Paulus s, Die Heilige Gees werk in u en gee u n makeover! U sien, Christus besit die Heilige Gees sonder maat. En omdat ons deel is van Sy liggaam, vloei Sy Gees af na elkeen van ons, elke gewrig en lid. Soos wat ons in Christus is, word ons deur Sy Gees gevoed - en oorgemaak na die beeld van Jesus self! 2. U is in Christus as u u lewe lei in ooreenstemming met die Woord. Eer en vrees u God se Woord? Gaan u daagliks na die spiel van die Skrif om daardeur verander te word? Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is (1 Johannes 2:5). Die Bybel maak dit duidelik. Ons weet dat ons in Christus is as ons Sy Woord liefhet en gehoorsaam. En dit is ook hoe God se liefde in ons volmaak gemaak word. Paulus skryf aan die Thessalonicense: Bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag h en verheerlik word net soos by julle (2 Thessalonicense 3:1). Die gedeelte snelle loop beteken om geen opposisie in jouself te ervaar nie. Paulus het ges: Soos u die Woord lees of hoor, eer dit en maak dit die rel van u lewe. Laat dit u lei! Christene haal dikwels die vers aan: En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak (Johannes 8:32). Maar die belofte hang af van twee voorafgaande verse: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels (Johannes 8:31). Die gedeelte as jy in My woord bly, beteken as jy in My bevele leef en dit hou. Met ander woorde: Soos jy in My is, sal ek My waarheid aan jou openbaar. Maar ek sal dit nie aan jou openbaar as jy nie van voorneme is om daarby te leef nie. Jy sal die waarheid ken, alleenlik nadat jy jou verbind het om dit te gehoorsaam. 3. U is in Christus as u geloof gemeng is met menseliefde. Die Woord s as u nie menseliefde het nie, kan u nie in Christus wees nie. En al sou ek die gawe van profesi h en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof h, sodat ek berge kan versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie (1 Korintirs 13:2). Niks in Grieks beteken hier, Ek is niks nou nie - en nooit sal ek iets wees nie. Met ander woorde. Sonder onvoorwaardelike liefde vir almal, is ek n niemand- en sal ek altyd n niemand wees! U kan n talentvolle prediker wees of n kragtige evangelis jy kan ander gesond maak deur u geloof u kan berge versit deur n enkele woord u kan God se Woord verkondig met krag en salwing maar as u geen liefde vir ander het nie, is u niks nie! As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van Sy Gees gegee het (1 Johannes 4:12-13). ------------------------------- Paulus Noem n Aantal Van Die Vrugte Van Naasteliefde - Maar Ek Wil Op Net Een Van Hulle Fokus. ------------------------------- As u vrugte dra, dan het u die duidelikste bewys dat Christus in u woon. Dit is eenvoudig die volgende: Die liefde word nie verbitterd nie (1 Korintirs 13:4-5). Die Griekse woord vir vererg is paraxuno. Dit kom van n kernwoord wat suur en vinnig of skielik beteken. Dit het nietemin ook n addisionele kern betekenis van een wat naby is. Saamgevoeg, word hierdie betekenisse baie betekenisvol. Om verergd te wees is om vinnig te reageer met suur opmerkings, of u het n kwaai woedeaanval en dit mik u alles op iemand wat naby aan u is! Kortliks s die Bybel, As u in Christus is, mense onvoorwaardelik liefhet, sal u u nie maklik vererg nie. En u grootste toets sal kom van diegene wat die naaste aan u is - u huweliksmaat, u kinders, u vriende! My vraag aan u is: Het u n kort humeur? Hoe vinnig ontvlam u in n woedebui in? As u in Christus is, sal n stem opkom in u binneste wanneer u kwaad is, wat sal uitroep, Here, help my! Heilige Gees, maak my kalm! Net n paar dae voordat ek hierdie boodskap geskryf het, was dit vir my nodig om uit te voer wat ek preek. My vrou, Gwen, het iets ges wat onbewustelik n knoppie in my binneste laat afgaan het. Sy het dit nie as n afjak bedoel nie - maar ek het dit so opgeneem, en dit het my laat reageer. Ek raak vinnig warm onder die kraag - en skielik, uit my mond het n stroom suur opmerkings gevloei - warm, kwaai woorde, elkeen n afjak. Gwen het probeer om verskoning te vra (vir iets wat sy nie eens gedoen het nie) - maar ek het my rug op haar gedraai en na my studeerkamer gegaan. Ek het vir n uur in die donker gesit, en teenoor die Here gekla: Here, sy het my daar geslaan waar dit die seerste gemaak het - en dit het seergemaak. Ek moes daarop reageer! Nogtans, soos ek probeer bid het, was die hemel soos geelkoper. Die volgende oggend, toe ek my Bybel uithaal om my daaglikse Bybelstudie te begin, het die bladsye oopgeval by Korintirs een. En my o het op die volgende vers geval: Die liefde word nie verbitterd nie (dieselfde vers). Skielik, het ek in die spiel van God se woord gekyk en het ek die gesig gesien van n prediker wat maklik vererg geraak het! My hart was verslaan, en ek het uitgeroep, O Here, dit is ek. God, vergewe my! Ek het dadelik na Gwen geroep, om na my kantoor te kom. Toe sy, effens verbysterd in my kantoor instap, kon ek maar net na die gedeelte wys, My vrou, lees dit. Dit beskryf my, nie waar nie? Ek word so maklik verergd. Gwen, asseblief vergewe my! Geliefde, ek weet ek is in Christus - omdat, in die eerste plek, ek verander wil word, nuut gemaak wil word, en na Christus se beeld in die Heilige Gees gevorm wil word. En tweedens, weet ek, ek is in Christus omdat ek bewe voor Sy woord. Laastens, weet ek dat ek in Christus is omdat ek begeer om die persoon naaste aan my onvoorwaardelik lief te h. Het u hierdie drie bewyse in u hart? Het u n honger om deur die Heilige Gees hernu te word - om verander te word na die beeld van Jesus? Is God se woord u daaglikse brood, die kern van u bestaan? En het u menseliefde, onvoorwaardelike liefde, vir alle mense - spesifiek vir diegene wat die naaste aan u is? Geliefde heilige, u mag dalk nie perfek wees nie. Maar as u in Christus is, dan is u gedurigdeur besig om met hierdie kwessies in u lewe te deel, deur die krag van die Heilige Gees. En deur geloof, kan u na die Vader gaan en heeltemal deur Hom aangeneem word, dit maak nie saak wat u worstelstryd is nie - omdat Christus in u is! Dit is tyd vir u om u te verbly in u gesende posisie in Christus. U is die hemelse Vader se geliefde kind - sy genotvolle dienaar, wie gedurig verander word na Sy seun se beeld - omdat Christus in u is! --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA. Time Square Kerk Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie dokument is die eksklusiewe eiendom van World Challenge. Dit mag onder geen omstandighede verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs in geheel gereproduseer word vir die doel van gratis verspreiding. Alle reproduksies moet die kopiereg kennisgewing bevat [bv. Kopiereg 2000 deur World Challenge]. Die dokument mag nie gebruik word vir herverkoop of om die verkope van enige ander produk te bevorder sonder die toestemming van World Challenge nie. Die beperking sluit die hele inhoud in met die uitsondering van n paar kort aanhalings. Gee asseblief altyd krediet aan die volgende bron: Kopiereg 1999 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op enige ander webtuiste gepubliseer word nie. Die Lorain County Free-Net Chapel besit die eksklusiewe regte van World Challenge Inc. om hierdie boodskappe op hulle webtuiste te publiseer. U is welkom om die inligting af te laai, te kopieer en te versprei, solank u dit nie op n ander Internet webtuiste publiseer nie. U is ook welkom om 'n skakel na hierdie dokumente op u webtuiste aan te bring. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/chapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Hierdie bladsy is op datum gebring op 16 Junie 2002. Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die Klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Indeks vir Afrikaans/ Kansel Reeks