[Click here to go to World Challenge Kansel Reeks Veeltalige Webwerf] Heilige Grond: Die Enigste Manier Om Heilig Te Word! (Holy Ground: The Only Way To Become Holy!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson 26 Januarie 1998 __________ Die Ou Testament is vol beelde en afskaduwings van Nuwe Testamentiese waarhede. Wanneer ek dit moeilik vind om 'n waarheid in die Nuwe Testament te verstaan, dan keer ek terug na sy beeld in die Ou Testament. Helaas, ek glo nie dat daar een enkele episode of verhaal in die Ou Testament is, wat nie vol rype waarhede vir Nuwe Testamentiese gelowiges is nie. My predikant oupa het eendag vir my ges: "David, as jy oor karakter gaan preek, moet jy na die Ou Testament teruggaan. Dit is waar al die karakter lerings is." Ek glo dat hy reg was. Een so 'n voorbeeld is die gedeelte wat handel oor Moses en die brandende doringbos. Ek sou graag die spesifieke verhaal in diepte wou ondersoek omdat dit vol diepsinnige Nuwe Testamentiese waarhede rakende die onderwerp van heiligheid is. Eerstens moet ons vra - hoe word ons heilig gemaak in God se aangesig? Die Nuwe Testament vertel vir ons dat ons geroep is om heilig te wees "soos wat God heilig is." "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig" (1 Petrus 1:15-15). Met ander woorde, "Dit staan geskryf, dit is aangeteken, vir eens en vir altyd: Ons moet heilig wees, soos God heilig is!" "Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees." (Efesirs 1:4). Paulus s, "Van die grondlegging van die aarde af, is ons geroep om heilig en sonder gebrek te lewe!" "Aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges" (1 Korintirs 1:2). Die Griekse woord vir "heiliges" hier is "heilig". Die letterlike betekenis van die gedeelte is, "As jy in Christus is, dan is jy geroep om heilig te wees." Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking". (1 Tessalonisense 4:7). God het ons nie net tot redding geroep, of hemel toe, of om Sy vergifnis te ontvang nie. Inteendeel, hierdie dinge is voordele van ons een roeping wees heilig, want Ek is heilig! Elke gelowige in die kerk van Jesus Christus is geroep om heilig te wees, soos Christus heilig is om rein en onberispelik voor God se aangesig te wees. As jy dus weergebore is, moet heiligheid die noodkreet van jou hart wees: "God, ek wil soos Jesus wees. Ek wil heilig voor U wandel, al die dae van my lewe!" Dit mag wees dat soos jy die verse in die Nuwe Testament lees, jy verontrus raak: "Jy bedoel, ek moet so heilig wees soos Jesus? Onmoontlik! Hy was vlekkeloos, sonder blaam, perfek. Hoe op aarde kan enige persoon aan so 'n standaard voldoen? Buitendien, s die Bybel nie, 'Daar is niemand so heilig soos die Here nie'?" Dit was die hele doel van die wet om vir ons te wys hoe onmoontlik dit is om aan God se standaard van heiligheid te voldoen. Geen mate van wilskrag, sterkte of bekwaamheid kan ons ooit heilig maak nie. Daarom, as daar nie een heilig is soos die Here nie, kan daar net een weg vir ons wees om heilig te word. ------------------------------- Ons Moet In Christus Wees En Sy Heiligheid Moet Ons Heiligheid Word! ------------------------------- " en as die wortel heilig is, dan die takke ook." (Romeine 11:16) Paulus s omdat Jesus die wortel heilig is, daarom sal ons, die takke, ook heilig wees. Johannes skryf: "Ek is die wynstok, julle die lote.." (Johannes 15:5) Met ander woorde, omdat ons in Christus is, word ons geheilig deur Sy heiligheid. Die feit is, God erken slegs een mens as heilig Jesus Christus. En in God se o, is daar slegs twee verteenwoordigers in die geskiedenis die eerste, Adam, en die tweede Adam, Jesus. Die hele mensdom was in die eerste Adam gehul en toe hy gesondig het, het ons almal sondaars geword. Toe het Jesus as 'n nuwe mens verskyn en deur Sy versoening aan die kruis, het die hele mensdom potensieel in Hom verenig geword. Vandag erken God net die een mens, Jesus en Hy is heilig. Soos Adam, kan ons nooit heilig wees sonder Christus se verlossing nie. Dit maak nie saak hoe lank ons leef of hoe hard ons probeer nie dit maak nie saak hoeveel gebede ons bid, of hoe gereeld ons die Bybel lees of hoeveel welluste ons oorwin nie ons sal nooit heeltemal heilig wees nie. Die Bybel s as ons nie die hele wet nakom nie as ons selfs net een verkeerde gedagte het dan breek ons die hele wet. En kan ons nie heilig wees nie. Jesus staan alleen in perfekte heiligheid. En as enige persoon enigsins voor die hemelse Vader wil staan en deur Hom ontvang wil word, moet daardie persoon in Christus wees. God sal geen ander persoon erken nie. (Goddank, sluit dit die "ou mens" in die dooie sondaar in ons!) Ons staan voor die Vader sonder enige verdienste of aanspraak van ons eie, maar slegs deur die genade van Christus. Elke keer as ons na ons binnekamer gaan, moet ons gebed wees: "Here, ek het geen ander pleidooi behalwe Christus nie. Ek het niks om U te bring nie geen goeie werke, geen heiligheid van my eie nie. Ek kom na U toe slegs omdat ek in Christus is. En ek op Sy heiligheid aanspraak maak. Ek weet ek staan voor U onveroordeeld, omdat ek in Hom is. ------------------------------- Hierdie Een Man, Jesus, Wat Heilig En Onberispelik Is, Het 'n Liggaam En Ons Is Daardie Liggaam! ------------------------------- "Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik." (1 Korintirs 12:27) Ons is die lede van Christus se liggaam! Deur geloof is ons been van Sy been en vlees van Sy vlees. En nou is ons almal opgeneem in een familie, as deel van die een Mens: "So is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar." (Romeine 12:5) U sien, uit die graf kom 'n nuwe mens. En sedert die tyd van die kruis, word almal wat bely en glo in die nuwe mens, in Hom bymekaargemaak: "Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne, en ons is almal van een Gees deurdronge, want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie." (1 Korintirs 12:13-14) Daar is nie meer swart, wit, geel, bruin, Jood, Moslem of Griek nie. Ons is almal van een bloed een nuwe mens in Christus Jesus! En as gevolg van Christus se werk aan die kruis, kan die mens nie langer meer probeer om heilig te wees deur die wet en die gebooie te onderhou nie. Die mens kan nie meer heilig word deur goeie werke, regverdige probeerslae of om in die vlees te streef nie. "En albei in een liggaam met God kan versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het." (Efesirs 2:16) "Deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insetting bestaan; sodat Hy deur vrede te maak, die twee in Homself tot nuwe mens kan skep." (verse 15) Slegs een mens sal deur die Vader aangeneem word die nuwe opgestane mens! En wanneer hierdie nuwe mens almal wat in Hom geglo het voor die Vader bring, sal die Vader opmerk: "Ek ontvang julle almal as heilig, omdat julle in my heilige Seun is!" " Hy het ons aanvaarbaar gemaak in die Geliefde!" (1:6) U sien dus, heiligheid is nie iets wat jy doen of bereik, of uitwerk nie. Dit is veel eerder iets wat ons glo! God aanvaar ons as heilig, slegs as ons geloof het in Christus en in Hom bly. Die pad na heiligheid is nie deur menslike bekwaamheid nie, maar deur geloof! Dit is God se wonderlike antwoord op die angskrete van 'n magdom Christene, wat daarna dors om te verstaan hoe om heilig te wees. Ons is heilig slegs as ons rus in Christus se heiligheid! Ons heiligheid is sy heiligheid wat na ons, die takke, deurvloei, vanaf die wortel. Tog, met tye was hierdie Bybelse beginsel van heiligheid nie altyd die praktyk in die kerk nie. Dikwels word aan heiligheid gedink slegs in terme van uiterlike optrede. My predikant oupa is 'n goeie voorbeeld hiervan. Hy was 'n prediker van die Nasareners in die vroe heiligheid beweging, en hy het nie toegelaat dat Christene vere in hulle hoedens dra nie. Hy het 'n klein goue skrtjie in sy sak gedra en wanneer iemand na die altaar kom en sy hoof buig, sou hy enige vere afgeknip het! Tog het my oupa tabak gekou, want daar was geen "heiligheid verbod" daarteen nie. Hy het selfs 'n spuugbakkie naby die preekstoel gehad, sodat hy kan kou terwyl hy gepreek het. Hy sou sy kop gedraai het en die sous uitgespoeg het, alles terwyl hy gepreek het teen die lipstiffie wat die vrouens gedra het! Ek het heiligheidspredikers al vir ure hoor afgaan teen vrouens se grimering, sekere tipes rokke, die lengte van die hare en ander dinge, en dit dan punte van heiligheid genoem. En tog was dieselfde mense die grootste skindertonge ooit! Geliefdes, God se boodskap aan ons aangaande heiligheid gaan nie oor die uiterlike dinge nie. Dit gaan oor geloof en Hy maak dit baie duidelik en eenvoudig! Ja, die Heilige Gees sal met die uiterlike deel, en ons leer om onsself in eenvoudigheid en betaamlikheid te versier. Maar Hy doen dit deur oortuiging in Sy tyd en op Sy manier. ------------------------------- Om Beter Te Verstaan Hoe Om Heilig Te Wees, Moet Ons Teruggaan Na Die Ou Testament Na Die Verhaal Van Moses By Die Brandende Doringbos! ------------------------------- U het heel moontlik die gedeelte al gelees. Moses was alleen op die berg Horeb, waar hy na sy skoonpa se skape gekyk het, toe die vreemde verskyning skielik sy aandag vasgegryp het: 'n Doringbos het helder gebrand maar tog is dit nie deur die vuur verteer nie! Moses het besluit om nader te gaan ondersoek instel en soos hy nader gestap het, het God na hom geroep uit die Doringbos: "En Moses s, laat ek tog nader gaan en hierdie verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die Here sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos " (Eksodus 3:3 - 4) God was in die bos teenwoordig. Daarom het dit gebrand, maar nie uitgebrand nie. Dit was 'n visuele verteenwoordiging van God se heiligheid. Inteendeel, waar hy ookal teenwoordig is, is die plek heilig! En die Here het aan Moses ges, "Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan is heilige grond." (vers 5) Die meeste van ons lees verby die versie, sonder dat ons regtig die geweldige diepte daarvan verstaan. Ek het heelwat strydige opinies gehoor oor wat God bedoel het toe hy Moses beveel het, "Trek jou skoene uit." Sommige geleerdes s dit beteken, "Raak van jou hoogmoed ontslae." Ander s dit beteken, "Raak van jou arrogansie ontslae." Ek glo die gedeelte het 'n baie dieper betekenis as enige van hierdie dinge. Ek stel voor dat dit te doen het met die onderwerp van hierdie boodskap hoe om heilig te wees! Dink daaroor: Moses was op die punt om in God se ewige doel vir hom geroep te word om Israel uit slawerny te bevry. Tog moet God eers vir Moses wys dat die grond waarop hy, die Here genader moes word heilige grond is. In kort, Moses was geroep om van aangesig tot aangesig met 'n heilige God te staan en hy moes daarvoor voorberei word. Natuurlik was Moses bang toe God met hom gepraat het: " Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien." (vers 6) Tog s die Skrif dit was dieselfde man wat "van aangesig tot aangesig" met God gepraat het. Hoe is Moses so dramaties verander? Wat het hom verander van 'n persoon wat sy aangesig van God se teenwoordigheid verberg het, tot 'n man wie se gesig helder geskyn het nadat hy vrylik van aangesig tot aangesig met God gepraat het? Dit was omdat Moses 'n openbaring gehad het van die soort grond waarop God genader moet word! ------------------------------- Die Nuwe Testamentiese Waarhede Wat Met Die Gedeelte Ooreenstem Is: " Sodat Geen Vlees Voor Hom Sou Roem nie." (1 Korintirs 1:29) ------------------------------- Die vers is nie net 'n Nuwe Testamentiese waarheid nie. Dit was ook waar in Moses se tyd! Moses kon nie God se mense in sy eie krag bevry nie. Hy moes vir eens en vir altyd geleer word, dat God se werk nie gedoen word deur enige menslike bekwaamheid nie maar deur totale vertroue en afhanklikheid van die Here! Dit is waar vir elke Christen vandag. Daar moet 'n neerlegging wees van alles wat die vlees na God probeer bring! Trouens God s vir ons net soos hy vir Moses ges het, "Daar is slegs een grond waarop Ek genader kan word, en dit is heilige grond. Jy kan geen vertroue in jou vlees h nie want geen vlees sal in My teenwoordigheid bly staan nie!" Tog, waarom fokus God op skoene in hierdie gedeelte? Wat het dit te doen met die uittrek van die vlees? Eerstens, ons voete is twee van die mees sensitiefste dele van ons liggaam. En wat is skoene anders as 'n beskerming teen die vlees? Hulle beskerm ons van die elemente van stene, van slange, van vullis en stof, van die warm sypaadjie. Sien u wat God vir Moses hier s? Hy het 'n alledaagse, doodgewone ding gebruik om 'n geestelike les te leer net soos Jesus later gedoen het, deur die gebruik van muntstukke, prels, kamele en mosterd saad. God het ges; "Moses, jy dra beskermende klere om jou vlees te beskerm van seerkry, maar geen hoeveelheid vleeslike beskerming sal goed genoeg wees om jou te beskerm nie, want waarheen ek beplan om jou te stuur, sal jy 'n wonderwerk van verlossing nodig h." "Ek stuur jou na Egipte daardie nes van ongeregtigheid - om 'n geharde diktator te woord te staan. En jy sal in 'n situasie geplaas word, waaruit net ek jou sal kan bevry. Met ander woorde, indien jy nie alle afhanklikheid van jou vlees eenkant sit nie jou verdraagsaamheid, jou geesdrif en jou nederigheid nie sal dit nie vir jou moontlik wees om te doen waarvoor ek jou geroep het nie. Al jou bekwaamheid sal nutteloos wees indien ek dit nie heilig maak nie. Jy moet jou volledige vertroue in my naam en krag stel! Trouens, Moses sou allerhande soorte toetse en beproewings in die gesig staar. Hy was op die punt daarvan om 3 miljoen mense in die woestyn in te lei, waar daar geen winkels was nie, geen inkopie sentrums nie, en nie eers 'n put met water nie. Hy sou volkome op God moes vertrou vir alles. U moet verstaan Moses het alreeds probeer om as verlosser op te tree in die krag van sy vlees. Veertig jaar gelede het hy 'n swaard in sy hand geneem en 'n wrede Egiptiese slawedrywer vermoor. En nou s God, "Moses, jou ywer moet geheilig word of dit sal jou vernietig! Is jy gewillig om jou swaard neer te sit en in My swaard te vertrou? Sal jy alle hoop om 'n bevryder in jou eie krag en bekwaamheid te wees eenkant sit? Sal jy alle vertroue in jou eie vlees eenkant sit om my wil te doen? ------------------------------- Die Heiligheid Wat God Verlang Is Ver Bo En Buite Die Bereik Van Alle Menslike Inspanning!" (1 Korintirs 1:29) ------------------------------- Dit is onmoontlik vir enige een van ons om heiligheid voor God se aangesig deur ons eie krag en wilskrag te bereik. Daar is slegs een manier om heilig te wees - en een beginsel waardeur ons die Here kan nader in ons Christen diens. Ons moet na Hom kom en s, "Here, ek het niks om vir U te gee nie. U moet dit alles doen!" Jy kan vry wees van alle welluste, van elke bose begeerte, en nog steeds nie heilig wees nie. Jy kan 'n wonderlike persoon wees, 'n liefdevolle lewensmaat, 'n opregte en eerlike persoon en nog steeds nie heilig nie. Aan die ander kant, al ons menslike goedheid is vuil lappe in God se o! Tog bly ons oortuig, "As ek net oorwinning kan kry oor hierdie een laaste sonde, sal dit vir my moontlik wees om heilig te lewe." So neem ons die swaard in die hand die swaard van wilskrag, beloftes, goeie voornemens en ons besluit in ons harte om ons vyande dood te maak, in 'n poging om oorwinning te behaal. Maar dit sal nooit gebeur nie. Ons sal nooit heilig kan word terwyl ons op die grond van eiegeregtigheid staan nie. Die skoene van die vlees moet uitgetrek word! Jare gelede het baie evangeliese kerke 'n geestelike lied gesing wat ek gehaat het. Dit het ges, "Vergewe my, Here en toets my nog een keer." Nee dit is teologies nie reg nie. God sal nooit ons ewigheid aan so 'n groot risiko onderwerp nie. As ons verlossing afgehang het van sulke toetse en foute, sou nie een van ons dit ooit hemel toe gemaak het nie! Geliefdes, u en ek staan voor dieselfde brandende doringbos waarvoor Moses gestaan het. En daardie bos is 'n tipe van God se vurige ywer teen alle vlees wat in sy teenwoordigheid ingebring en vermom is as heiligheid. Hy s vir ons, "Jy kan nie voor My staan op daardie soort vleeslike grond nie. Daar is slegs een heilige grond en dit is geloof in my Seun en Sy werk aan die kruis!" Dit is die enigste manier waarop God ooit 'n hele wreld kan red en met Hom kan verenig. As ons werke ons redding verdien het, sou slegs 'n uitgesoekte aantal, kandidate vir redding wees. Maar ek glo in die lering van onbeperkte versoening dat Christus potensieel vir alle mense gesterf het. Baie van my gunsteling Puritaanse skrywers soos John Owen, het die teenoorgestelde geglo. Hulle lering het geleer dat "uitverkiesing" beteken dat God 'n sekere aantal mense vir sy koningkryk gekies het, en dat alle ander verdoem is. Maar ek persoonlik glo nie dat die lering deur die Skrif ondersteun word nie. In teenstelling glo ek dat deur Jesus se werk aan die kruis die hele wreld potensieel tot God versoen is. Elkeen wat God se woorde hoor, sy sonde bely, en na Hom draai in geloof, word deel van Hom deel van Sy liggaam! Dit beteken God kan selfs die ergste van die mensdom red. Aanskou die grootste dief, verkragter, moordenaar, dwelmslaaf of alkoholis mense wat geen goeie werke het nie en getuig, "Deur belydenis en geloof, kan hulle voor Christus Jesus, in regverdigheid gebring word!" Dit is die ware, reddende krag van God. Tog leef baie Christene asof hulle werke genoeg is. Op die oordeelsdag, sal hulle voor God staan in hulle vlees en s: "Kyk na alles wat ek vir U gedoen het, Here. Ek het daarna gestreef om rein en heilig te bly. Ek het geprofeteer, die armes gevoed, die siekes gesond gemaak, duiwels uitgedryf. En dit het ek alles gedoen om U te behaag!" Maar God sal antwoord, "Ek het jou nooit geken nie want jy was nooit op die regte grond nie! Jy het nooit jou skoene uitgetrek, en jou vertroue in jou vlees eenkant gesit nie! "Jy het niks van die dinge deur die krag van My Gees gedoen nie. Jy het dit alles in jou eie krag gedoen. En dit hou vir My 'n afskuwelik geur in. Ek aanvaar slegs die geregtigheid van een mens my Seun! En ek sien nie my Seun in jou nie. Jy is nie in Christus nie!" "Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Daarom soos geskrywe is: Di wat roem, moet in die Here roem." (1 Korintirs 1:30-31) Met ander woorde: "Ek sal geen mens toelaat om in My teenwoordigheid te roem nie. Hulle sal my verheerlik slegs deur My Seun wie elke dag hulle wysheid, regverdigheid en heiligheid word. ------------------------------- Daar Is Slegs Een Basis Waarop Jy Kan Staan Wat Jou Heilig Kan Maak En Dit Is Totale En Algehele Vertroue In Christus! ------------------------------- Wanneer ek van totale vertroue in Christus praat, bedoel ek nie net vertroue in Sy verlossende krag nie, maar ook vertroue in Sy behoudende krag. Ons moet in Sy Gees glo om ons lewe te verander soos Syne dit is, om ons in Christus te hou! Dink vir 'n oomblik daaraan. Eens op 'n tyd was jy vervreemd, afgesny van God deur boosaardige werke. So, watter goeie werk het jy gedoen om dinge met hom reg te maak? Niks! Niemand was nog ooit in staat om homself heilig te maak nie. Ons is eerder in Christus se heiligheid ingebring deur geloof alleen deur die aanvaarding van God se woord wat s: "As jy in Christus is, is jy heilig, soos Hy heilig is!" Ja, Hy wil h dat jou praktiese, daaglikse wandel moet opweeg teen jou wandel in geloof. Maar die feit is, ons moet Hom selfs daarvoor glo. Ons moet glo in Sy belofte om aan ons die Heilige Gees te gee, wat ons aan Christus se beeld gelyk sal maak in ons daaglikse wandel: "Ook julle wat vroer vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van Sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof" (Kolossense 1:21-23). Let op hierdie gedeelte "As julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof " Jesus s, "Hou net aan om My te vertrou, leef deur die geloof. En ek sal jou foutloos en sonder blaam heilig voor die Vader bring!" Dit is die heiligmakende werk van die Heilige Gees: Soos die Gees jou krag gee om die dade van die vlees dood te maak, sal Hy jou beide deur Sy oortuiging en vertroosting lei. Daar is maar een soort heiligheid Christus! En geen een Christen is "heiliger as 'n ander nie." Daar is geen grade in heiligheid nie slegs grade in volwassenheid in Christus. Jy kan 'n jong Christen wees en tog absoluut heilig wees in Jesus. Daarom is dit dwaas om jou teen iemand te meet wat jy as "heilig" beskou. Nee! As ons in Christus is, is Sy heiligheid ons s'n in gelyke mate! Jy kan nooit weer na 'n ander Christen leier of lekeprediker kyk en s, "O, ek wens ek was so heilig soos hy nie!" Jy mag dalk nie die ander persoon se dissipline h nie; jy mag dalk nie sy gebedslewe h nie; jy mag dalk meer gereeld sukkel en meer gereeld foute maak as hy; maar hy word nie meer deur die Vader aanvaar as jy nie. Jy moet jouself met niemand anders vergelyk nie, want nie een is meer geliefd in die o van die Vader as jy nie. Geliefde geheiligdes, trek jou skoene uit trek alle afhanklikheid van die vlees uit. Hier is die grond waarop jy moet leef: "Ek eis my heiligheid wat in Christus Jesus is op. Ek is 'n deel van Sy liggaam. En my Vader sien my as heilig omdat ek in Christus is! --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA. Time Square Kerk Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie dokument is die eksklusiewe eiendom van World Challenge. Dit mag onder geen omstandighede verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs in geheel gereproduseer vir die doel van gratis verspreiding. Alle reproduksies moet die kopiereg kennisgewing bevat [bv. Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA]. Hierdie dokument mag nie gebruik word vir herverkoop of om die verkope van 'n ander produk te bevorder sonder die toestemming van World Challenge nie. Die beperking sluit die hele inhoud in met die uitsondering van 'n paar aanhalings. Gee asseblief altyd krediet aan die volgende bron: Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op enige ander webtuiste gepubliseer word nie. Die "Lorain County Free-Net Chapel" besit die eksklusiewe regte van World Challenge om hierdie boodskappe op hulle webtuiste te publiseer. U is welkom om hierdie inligting af te laai, te kopieer of te versprei, solank u dit nie op 'n ander Internet webtuiste publiseer nie. U is ook welkom om 'n skakel na hierdie dokumente op u webtuiste aan te bring. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/chapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Hierdie bladsy is op datum gebring op 27 Maart 2002 Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die Klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Indeks vir Afrikaans/ Kansel Reeks