[Click here to go to World Challenge Kansel Reeks Veeltalige Webwerf] Verander my, o Here! (Change me, o Lord!) ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ Deur David Wilkerson Desember 6, 1999 __________ Deesdae is ek baie ontmoedig oor wat ons Christelike berading noem. Op hierdie stadium is daar meer opgeleide Christen beraders as in die kerk se hele geskiedenis. En daar is `n magdom van "hoe om" boeke en verhoudings handleidings beskikbaar wat geestelike advies lewer oor onderwerpe van huwelike en fisiese fiksheid tot kinderopvoeding. Maar tog, dit is tragies dat daar meer ontstelde individue, huwelike en families in die kerk sit as ooit tevore. Die probleme in Christelike huise van vandag is onuitspreekbaar -- en geliefdes, dit moet nie so wees nie. Laat ek reg van die begin af s dat ek nie gekant is teen Christelike berading nie. Baie mense reageer op die berading wat hulle ontvang, en dit bring herstel in hulle lewens, huwelike en huise. Inderdaad, berading het `n groot bediening in die kerk van Jesus Christus geword. Omtrent elke groot gemeente in Amerika het ten minste een voltydse berader op sy staf. Hier by "Times Square" gebruik ons `n hele aantal beraders. Maar ek sien meer en meer bekommerde Christene wat nie reageer op die berading wat hulle ontvang nie. Hulle mag berading vir weke ontvang, selfs maande met geen resultate nie. `n Pastoor of berader kan hulle stap vir stap neem deur die Woord en hulle die duidelike waarheid uit God se Woord wys. Hy kan hulle vertel, "Hier is wat God s omtrent jou probleem. Hy s jy is veronderstel om dit te doen" Hy konfronteer hulle met die realiteit, dat sou hulle nie hulle sonde afsweer nie, hulle God se oordeel oor hulleself sal bring. Nogtans registreer niks van hierdie berading nie. Hoekom? Daar is geestelike oogklappe oor hierdie mense se o. Hulle het `n verskriklike blindheid rakende hulle eie skuld en het nodig om te verander. Menigte Christen families gryp mekaar aan die kele en baklei bitterlik. Sommiges dagvaar mekaar selfs en neem hulle familie hof toe. Moeders en dogters raak vervreemd, vaders praat nie met seuns nie. Hulle almal beweer hulle het Jesus lief -- maar tog hou hulle nog vas aan aggressie, bitterheid en haatlikheid. Dit is chaos. Vandat ek begin het om pastorale werk te doen, is ek al vasgevang in die middel van baie familie twiste. En ek kan getuig dat min van hierdie oorlo ooit opgeklaar is sonder bonatuurlike ingryping. Hoekom? Elkeen wil h dat die ander persoon moet verander. `n Sekere party s aan my, "Hoekom is hy so hardkoppig? Dit is afskuwelik. Hy moet verander." Dan hoor ek iets soortgelyk van die ander party: "Hoe kan sy so hardvogtig wees? Sy weet ek doen my allerbeste. Is dit wat ek kry omdat ek vir haar goed is?" Dit is altyd die ander persoon se skuld, die ander een wat moet verander. Dit is hoekom ek glo dat geen hoeveelheid berading `n impak sal h totdat God se mense `n ooreenkoms bereik het nie. Ons moet dit opreg ons daaglikse gebed maak: "O God -- verander my." Ons spandeer te veel tyd in gebed, "O God verander my omstandighedeverander my medewerkers verander my familie omstandighedeverander die omstandighede van my lewe..." Maar ons bid selde hierdie mees belangrike gebed: "Verander my, Here". Die eintlike probleem is nie regtig my eggenote, my kind en my vriend nie. Ek is die een wat gebed nodig het." God is in beheer van die voetstappe en lewens van al sy kinders. Hy laat nie toe dat enige iets met ons gebeur as gevolg van noodlot nie. En dit beteken hy het jou krisis toegelaat. Wat probeer Hy ons daardeur s? Hy s daardeur dat ons nodig het om te verander. Of u nou daarvan hou of nie, ons is almal op een of ander manier in `n proses van verandering. Op geestelike gebied is daar glad nie so iets soos blote bestaan nie; ons word voortdurend verander, vir goed of vir sleg. Ons word of meer soos ons Here of meer soos die wreld -- ons groei in Christus, of ons gly terug. So, word u meer geestelik volwasse , soos Jesus? Kyk u eerlik elke dag in die spiel en bid, "Here, ek wil soos U word in elke faset van my lewe"? Of het bitterheid wortel geskiet, wat in rebellie en hardheid van hart oorgegaan het? Het u geleer om `n skild op te sit tussen jou en die oortuigende woord van God en die stem van sy Gees? Spreek u nou dinge uit wat u eens as `n Christen nooit by magte was om te praat nie? Verhard u uself by verandering verby? As dit u beskryf, laat ek dit dan in eenvoudige woorde stel: U sal nooit verlossing ontvang alvorens u nie verander nie. U lewe sal slegs meer chaoties raak en u situasie sal versleg. Hou op om u saak te stel, om `n vinger te wys, om uself te regverdig. God sal u nie ontmoet alvorens u wakker word en erken, "Niks gaan vir my verander, alvorens ek verander nie." Roep God eerlik aan in gebed: "Verander my, O God. Delf diep in my -- wys my waar ek gefaal en afgedwaal het. Ontbloot my trots, aggressie, hardkoppigheid en sonde. Help my om dit alles neer te l. Hoeveel meer kenners, beraders, alleen nagte en vrugtelose gesoek moet u verduur alvorens u wakker word vir die waarheid? Indien enige herstel of restourasie gaan plaasvind, moet u eers verantwoordelikheid neem. U wonderwerk hang af van u verandering. As u wens om te verander, wys God se Woord duidelik twee stappe wat u moet volg. Luister na sy Woord, en u sal ewige verandering ervaar: ------------------------------- 1. Daar is `n Sluier oor u O wat U Blind Maak -- en dit Moet Verwyder Word. ------------------------------- Paulus beskryf een verandering wat moet plaasvind voordat enige ander verandering moontlik is: "Hierdie vooruitsig wat ons het, is so vas en seker dat ons nie bang is om te praat nie. Ons maak nie soos Moses nie. Hy het `n doek oor sy gesig gebind sodat die Israeliete liewer nie die glans oor sy gesig moes sien nie, want dit sou weer ophou. Maar hulle het in elk geval nie verstaan wat God bedoel het nie, want hulle verstand was verblind. Tot vandag nog, as hulle die boeke van die ou verbond lees, dan is dit asof hulle geblinddoek bly sodat hulle dit nie kan verstaan nie. Hierdie blinddoek word nie afgehaal nie, behalwe as hulle in Christus glo. Dit is soos dit met hulle gaan tot vandag toe. Al lees hulle die boeke van Moses, bly daar `n blinddoek om hulle harte en hulle verstaan nie. Die Skrif s ook dit is alleen as hulle, hulle tot die Here bekeer dat die blinddoek weggeneem word. As die Skrif hier praat van "Here", word die Heilige Gees bedoel, want waar die Gees van die Here werk, verlos Hy mense. Ons almal wat in Christus glo, is soos mense wie se blinddoek afgehaal is. Ons sien nou die Goddelike heerlikheid van Christus duidelik soos in `n spiel. Die Heilige Gees wat ook Here is, verander ons om al meer soos Christus te word en om sy heerlikheid te kan weerspiel. (2 Korintirs 3: 12-18) In hierdie paragraaf praat Paulus primr omtrent die blindheid van die Jode rakende Jesus as die Messias. Maar tog is hy ook besig om die prinsiepe neer te l wat van toepassing is op alle mense, Jode en ander. Hy praat van blindheid rakende Bybelse waarheid. Neem kennis van vers 14: "Hulle verstand was ook toe, en vandag nog bly hulle verstand met die selfde sluier toegemaak as hulle die Ou Testament lees, maar die sluier word deur Christus weggeneem vir iemand wat in Hom glo". Verstaan asseblief dat die persone aan wie Paulus geskryf het, ernstig was. Hulle het getrou die boeke van Moses, die wette, die profete en die Psalms van Dawid bestudeer. Hulle het God se Woord eerbiedig, hierdie woord vir ander geleer en dit vrylik gekwoteer. Maar daar was nog steeds `n sluier oor hulle o. Ons dink aan `n geestelike sluier wat die Jode, Moslems en ander se o bedek en hulle blind maak vir die waarheid omtrent Jesus. Steeds is daar ook `n sluier wat die o van baie gelowiges ook bedek en hulle blind maak. Hulle lees God se duidelike waarskuwings in die Woord, hulle hoor die woord verkondig met krag -- en steeds word hulle nie geaffekteer nie. In der waarheid, hulle hou aan om die selfde dinge te doen wat God se woord verwerp. Oorweeg hierdie voorbeelde: Jesus self s, "As julle ander mense vergewe waar hulle verkeerd gedoen het, sal julle Vader in die Hemel julle ook vergewe waar julle verkeerd doen. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie vergewe waar julle verkeerd gedoen het nie." (Matteus 6: 14 15) Hoe kan God meer duidelik wees oor die saak van vergiffenis? Nog steeds laat menigte Christene nie hulle bitterheid en wraaksugtige gedagtes los nie. Hulle beweer, "O ek het daardie persoon vergewe" -- maar hulle harte is nie in die woorde nie. En die Here weet van beter. Miskien is so `n Christen mishandel of nydig deur iemand gebruik -- sy werkgewer, sy eggenote, `n medewerker en `n vriend. Nou dink hy dit is geregverdig dat hy vashou aan sy aggressie en sy onvergewensgesindheid. Maar die Skrif s dat as hy selfs `n gram onvergewinsgesindheid in sy hart oorhou, dan sal sy eie sondes teen hom begin opstapel. Dink aan hierdie aaklige gevaar waarin hierdie Christen hom bevind. Dag na dag hoop sy sondes op. Sy gebede word nie verhoor nie. Hy is totaal en al op sy eie, altyd in gevaar, sy siel oop vir demoniese magte. En wanneer hy voor God staan op die oordeelsdag, sal elkeen van sy sondes opstyg en hom aankla. Nie een oortreding sal vergewe wees nie -- want hy wou nie ander vergewe nie. Hy sal die Here hoor s, "Ek het jou gewaarsku, uitgeroep na jou, met jou gepraat so eenvoudig moontlik -- maar jy wou nie luister nie. In plaas daarvan het jy vasgehou aan onvergewensgesindheid. En nou sal ek jou nie vergewe nie." Dit is die eindresultaat van geestelike blindheid. "Die Here die God van Israel s Hy haat egskeiding" (Maleagi 2:16) Die Woord verklaar duidelik dat God egskeiding haat. Nogtans s menigte Christene hulle pastore en vriende, "Ek het gebid omtrent egskeiding met my eggenote en God het my ges dat dit goed is." Die Here s in ander woorde: "Jy gaan kerk toe, sen my en sit `n Christelike glimlag op. Maar tog handel jy op `n onderduimse wyse met jou eggenote en jy verdraai my Woord. Ek het vir jou ges Ek haat egskeiding, maar tog gaan jy voort daarmee. Jy noem dit selfs `n goeie ding, en s ek keur dit goed. Maar jy is blind. Jy weier om te glo dat ek jou ongehoorsaamheid gaan oordeel." Vandag is die egskeidingsyfer tussen Christene net so hoog as tussen ongelowiges. S vir my -- is God se Woord niks anders as `n grap nie? Kan sy waarskuwings gegnoreer word en as blote voorstelle in plaas van bevele beskou word? Nee, nooit nie. Daar is `n sluier oor die kerk se o. En God waarsku ons, "Al die berading in die wreld sal jou geen goed doen as jy nie na My opdragte luister nie. My Woord moet die rels van jou lewe word." (Dit is nie om beskuldigings op enige een wat reeds geskei is te werp nie. Egskeiding is onafwendbaar in sekere situasies, soos waar daar fisiese mishandeling is, waar egbreek plaasvind, of wanneer `n ongelowige eggenoot die gelowige verlaat.) "Maar Ek s vir julle: julle moet julle vyande liefh en julle moet bid vir die wat julle vervolg." (Matteus 5:44). "`n Sagte antwoord laat woede bedaar" (Spreuke 15:1). "As julle kwaad, moenie sondig nie, en moenie `n dag kwaad afsluit nie." (Efesirs 4:26). `n Duisend beraders kan vir jou vertel dat jy `n reg het om kwaad te wees, om verstote te voel en om vergiffenis te weerhou. Maar op die ou einde tel hulle woorde glad nie. God se woord is die finale woord. En as jy nie bang is daarvoor nie -- as jy nie bereid is om sy bevele in totaal te gehoorsaam in alle gevalle nie, dan het jy geen hoop op verlossing nie. Die Bybel praat hard en duidelik met almal wat die Here sal gehoorsaam " Jy kan nie verander word as jy blind wil bly vir God se woord nie." ------------------------------- Die Sluier kan Slegs Verwyder Word deur na God te Draai. ------------------------------- Paulus s dat alvorens ons blindheid verwyder kan word, moet ons na God toe draai. "Elke keer as hy hom na die Here wend [bekeer], word die sluier weggeneem..." ( 2 Korintirs 3:16). Die Griekse woord vir bekeer meen hier om "terug te draai op jou voetspore." Paulus s kortliks die volgende, "Julle moet erken dat die rigting wat julle ingeslaan het, julle by leegheid, vernietiging en wanhoop gebring het." As u lewe in `n soort van wanorde is -- as iets vreeslik verkeerd is, en dinge gaan agteruit -- dan weet u dat u sal moet rigting verander. U mag dink, "dit is my eggenoot wat op `n verkeerde plek is, ek wag vir hom om te verander." Of, "My vrou is op pad na vernietiging tensy sy verander." Of, "My baas is verkeerd. Iets sal hom moet verander." Ons sien ander se foute en verkeerde handelinge so duidelik raak. Tog is ons blind vir ons eie behoefte aan verandering. Ons moet terugkom tot die realiteit -- om aan God te erken, "Dit is ek Here. Ek is die een wat `n verandering benodig. Asseblief Vader, wys my waar ek verkeerd gegaan het." Hoe kan ons rigting verander? Hoe kan ons na die Here toe draai en die sluier verwyder kry? Hier is die voorskrif wat Paulus vir ons gee vir verandering: 1. Verandering is eksklusief die werk van die Heilige Gees. "Hoeveel groter sal die heerlikheid van die bediening wat deur die Gees geskied, dan nie wees nie?" (2 Korintirs 3:8). Ons kan ons self nie verander nie. Net die Gees van God kan ons verander na die glorieryke beeld van Christus. Ons het al almal die volgende gehoor, "Wanneer `n persoon hom na God wend, dan lig God die sluier van sy o." Dit is uitsluitlik die Heilige Gees se werk. Ons lees ook, "Die Here beteken hier "die Gees", en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid."(vers 17). Die woord "vryheid" beteken hier "nie meer langer `n slaaf nie; vry van verpligting, vry, losgemaak." Dit beskryf die vryheid, wat saam met die oopgaan van `n mens se o kom. Skielik sien ons dinge in `n nuwe lig. Net die Heilige Gees kan ons lewenslange sienswyses afbreek, ons omdraai en ons op `n ware koers sit. In kort, die draai waaroor Paulus hier praat beteken om ten volle op die Gees van God te vertrou. Dit beteken ook om weg te draai van enige onbybelse berading, van alle idees en planne van jou eie, en om die Heilige Gees alleen te vra om jou te lei. Paulus het hierdie tipe omdraai ervaar. In Handelinge 9, toe hy nog as Saul bekend was, was hy op die verkeerde koers. Praat van `n sluier oor `n mens se o hy het na Damaskus gery om die Christene te vervolg. Saul het geglo dat hy God `n guns doen om die gelowiges te arresteer en in die tronk te gooi. Maar God het hierdie man onderskep en `n krisis in sy lewe bewerkstellig. Toe God vir Saul op die Damaskus pad ontmoet het, het Hy hom met `n lig bestraal wat so helder was dat dit hom letterlik blind gemaak het. Saul moes gelei word na `n huis in Damaskus, waar hy gebly het tot die goddelike Ananias daar aangekom het. Annanias het aan hom ges: " Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word. Onmiddellik het daar iets soos skille van Saul se o afgeval en kon hy weer sien..." (Handelinge 9: 17 18). Saul het sy verlede, sy toekoms sy alles aan die Heilige Gees oorgegee -- en die sluier is oombliklik van sy o verwyder. 2. Verandering vereis ook, wat Paulus noem, `n oop of onbedekte gesig. Hy skryf, "En terwyl ons almal met onbedekte gesig die heerlikheid van die Here weerspiel[1953 vertaling]" (2 Korintirs 3:18). Die kern woord vir "onbedekte gesig" het `n besondere definisie. Dit beteken om totaal en al toegewy te wees en God toe te laat om alle weggesteekte dinge in jou hart te ontbloot -- met die doel om daarvan verlos te word. Hierdie tipe onbedekte gesig roep uit, "Toets my, Here kyk of daar enige kwaad in my is. Wys my waar leef ek in teenstelling met U woord. Ek wil verlos word van enige iets wat teen U woord is. Weg met al my trots, my ambisies, my selfsugtige intellek en my redenasies. Ek weet ek kan myself nie uit hierdie situasie uit dink nie. Heilige Gees ek benodig U krag en wysheid. Ek verwerp enige hoop om dinge uit my eie manier op te los." Vir baie gelowiges is dit `n baie moeilike ding om te doen. Hulle het hulle totale Christelike lewens geleef op hulle eie vindingrykheid en wysheid. En nou om te moet erken dat hulle dinge verbrou en nodig het om beheer oor te gee is net te veel. Die Here moes my jare gelede op hierdie gebied stroop van my trots. Nou, danksy die Here, erken ek vrylik wanneer ek dinge verbrou. My gereelde gebed is, "God, ek doen sulke dom dinge. Ek maak sulke groot foute, kry myself in vreeslike probleme. Asseblief, God -- los dit alles vir my op. Net U kan." Dankie tog, God verheug Hom daarin om ons probleme op te los wanneer ons sy wil doen. In hierdie paragraaf praat Paulus van `n spiel en geliefdes, ons spiel is God se woord. Dit alleen is `n akkurate refleksie van ons toestand. Paulus s aan ons, "Gaan kyk in die spiel van God se waarheid, en kyk na jou lewe. Vertel vir God dat jy op die verkeerde pad is en dat jy verander wil word. Vra sy Gees om jou nederig te maak en om sy woord oop te maak vir jou. Moenie na ander advies luister nie, ook nie jou eie idees of jou eie oortuigings en versinsels nie. In plaas daarvan, draai na die Heilige Gees in volle vertroue. Glo wat Hy aan jou s." As jy geheel en al op die Heilige Gees staatmaak, en wegdraai van alle ander hulp, dan sal Hy jou o open. Hy sal ook helpers wat deur die Heilige Gees gelei word in jou lewe instuur -- en jy sal begin verander op daardie presiese oomblik. 3. Paulus sluit af deur te noem dat ons stukkie vir stukkie verander om soos Christus te word. Hierdie proses vind nie net oornag plaas nie. Dit neem stadig plaas stappie vir stappiesoos wat ons Hom soek en sy woord gehoorsaam: "Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word." (2 Korintirs 3:18). U mag dit nie voel nie, maar u verander elke keer wanneer u die Bybel lees met `n oop hart, elke keer as u op u knie gaan en kwaliteit tyd aan Hom gee, elke keer wat u die Heilige Gees aanroep om u te lei en te leer. U mag dalk dink dat u geen vordering maak nie maar u maak wel vordering. ------------------------------- Paulus Lig Drie Wonderlike Bewyse van Verandering in Ons, wat deur die Heilige Gees Bewerk Word, uit. ------------------------------- Die Gees wil dat die volgende drie wonderlike veranderinge in ons plaasvind: 1. Die eerste verandering is `n groeiende kennis dat God ons genadig sal wees dwarsdeur ons beproewings. "God het Hom oor ons ontferm en hierdie bediening aan ons opgedra. Daarom word ons nie moedeloos nie." (2 Korintirs 4:1). Hier is die genadige prediking wat ons van die Heilige Gees ontvang het: Hy open ons o vir die tere genade van Christus vir ons. Hy plant in ons innerlike kennis dat die Here aan ons kant is, dat Hy vir ons is. En Hy wys ons hoe toegewyd God is om te keer dat ons val -- hoe medelydend Hy is rakende alles wat ons deurgaan, hoe geraak Hy is deur die gevoel van ons swakheid. U mag op hierdie oomblik aangerand en ongeliefd voel. Die duiwel sal dat jy glo, God het jou aan jou eie oorgelaat -- dat jy verdien om te ly, dat dit verby is vir jou en dat daar geen hoop meer is nie. Geliefdes dit is alles leuens vanaf die hel. God wil meer as enige iets dat jy van jou perverse konsep van hom verlos word. Hy het jou lief met teerheid -- en het alreeds `n tyd bepaal om al sy genade aan jou te gee. Dawid het bitterlik gehuil omrede hy deur sy situasie oorweldig was. "My liggaam brand soos vuur, ek is verskroei en uitgedroog soos gras; ek het alle eetlus verloorAs ek wakker word, voel ek soos `n eensame vol op `n huis se dak. Die dae deur verneder my vyande my. Wat ek drink, is met my trane gemeng soos `n skaduwee wat lank word, is my lewe naby sy einde." (Psalm 102: 4, 7-9, 11). Hy het gekreun, "Ek is in `n vreeslike toestand, fisies, verstandelik en geestelik." Dit was die presiese tyd wat God gestel het om Dawid te verlos. En God het vinnig met genade, hulp en troos inbeweeg. Dawid getuig, "U sal ingryp en U oor Sion ontferm, want die bestemde tyd het aangebreek." (Psalm 102:13). God se tyd om Dawid te red was in sy laagste uur -- toe hy gedink het, "Ek is na niks toe verlaag." Net so vandag, God het `n tyd bereken om ons te red en sy guns aan ons te lewer. -- en dit kom gewoonlik in ons ergste uur van beproewing. Dit is die tyd wat ons nie langer worstel om dinge op ons eie te doen nie. In plaas daarvan erken ons , Here, ek kan dit nie doen nie -- dit is alles `n gemors. Ek gee dit alles aan U oor." 2. Die tweede verandering wat plaasvind is waar ons nie meer langer met gedagtes om op te gee gepla word nie. "God het Hom oor ons ontfermDaarom word ons nie moedeloos nie." (2 Korintirs 4:1). God wil dat ons, ons o afneem van ons omstandighede en die fokus van hoe sleg dit gaan. Die waarheid is dat ons problematiese omstandighede dalk nie gou gaan eindig nie. Die feit is dat dit selfs erger kan word. En Hy weet dat as ons fokus op die verandering van ons situasie, dat ons slegs dieper sal verval in angs en depressie. Ons sal moeg en swak word en hoop opgee. Maar soos God sy genade aan ons openbaar, begin ons moedeloosheid verdwyn. Gou het ons die groeiende sekerheid dat God aan die werk is binne in ons. En daar is niks wat meer satisfaksie verskaf aan ons innerlike persoon as die wete, "God het sy hand op my nie. Ek het nog nie daar uitgekom nie -- maar ek weet ek gaan in die regte rigting. Ek beweeg na die Here toe." Dag na dag sal jy sterker word in geloof. Hy sal sy rus en vrede in jou gee. En jy sal so hoog bo jou omstandighede uitgelig word dat niks jou weer sal aftrek na moedeloosheid toe nie. 3. Die derde verandering wat moet plaasvind in ons is `n totale verwerping van alle verskuilde dinge en oneerlikheid. "Ons vermy praktyke wat nie die lig kan verdra nie en waaroor ons, ons sou moes skaam. Ons gaan nie met bedrog te werk nie en ons vervals nie die woord van God nie. Inteendeel, ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God `n eerlike gewete het." (2 Korintirs 4:2). Dit beteken ons gaan nie meer na die Bybel toe om ons sonde te regverdig nie. Ons vind nie meer verskonings om verkeerd te doen nie. God wil dat ons lewens `n oop boek moet wees. Dus verlang Hy om ons skoon te maak van alle verskuilde sondes -- alle oneerlikheid, onderduimsheid, misleiding, leuens en bedrog. Dit is hoekom die Heilige Gees alles in ons soek wat nie soos Christus is nie. En as ons werklik wil verander, sal ons, ons self oopstel vir sy handelinge. Jy kan vergeet daarvan om berading te kry, of selfhelp of restourasie van verhoudings totdat jy God se verandering in al hierdie gebiede self ervaar het. Plaas alles op die agtergrond totdat jy reg is om van al jou verskuilde sondes afstand te doen. Wanneer jy oorgegee het aan God se woord en die krag van verandering van sy Gees, sal jy nie aan ander hoef te bewys dat jy verander het nie. Soos wat jy in Sy waarheid wandel, sal die Heilige Gees jou opdra aan die gewete van almal rondom jou. "ons maak die waarheid openlik bekend en beveel onsself so aan by elkeen wat voor God `n eerlike gewete het." Die Griekse woord vir "aanbeveel" hier beteken "God se goedkeuring." Paulus s, "Jy hoef nie enige iemand te bendruk dat jy verander het nie. God sal in hulle gewete in beweeg en hulle innerlik vertel. Hierdie persoon het my sen en my goedkeuring." Geen argument kan die innerlike bewyse, wat God se Gees in jou geplaas het, verwerp nie. In der waarheid, jou verandering sal ander of aantrek of afstoot. Die aura van Christus wat van jou af uitstraal sal hulle gewete bereik. En dit is dan wanneer jy die krag sal vind om ander te benvloed -- deur die veranderinge wat in jou plaasvind. Jy sal vind dat verhoudings herstel word. En jy sal jou geestelike outoriteit terugvind in jou eie huis. Jy sal nie langer tob oor die veranderinge wat nog gemaak moet word in andere nie. In plaas daarvan sal jy bemoedig word deur die veranderinge wat God in jou doen, jy sal besef, "Here ek weet alles is in U hande. Ek gee my oor aan U wil. Doen in my wat in my gedoen moet word." Nou is die tyd om al jou omstandighede in totaliteit in die Here se hande oor te gee. Vergeet daarvan om te probeer om uit die krisis verlos te word. In plaas daarvan, fokus op God wat jou verander en jou `n oorwinnaar maak. Bly in Sy woord. Roep getrou sy naam aan. Vertrou op die Heilige Gees, en maak dit die voortdurende geroep van jou hart: "Verander, my O God." --- Gebruik met toestemming van World Challenge, P. O. Box 260, Lindale, Texas 75771, VSA. Time Square Kerk Inligting | Nuwe Leser Inligting Veeltalige Webwerf ------------------------------------------------------------------------ Gewone Teks Ler + Preek indeks vir Afrikaans + Kapel + Teken in + Kopiereg + Dekbrief ------------------------------------------------------------------------ KOPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie dokument is die eksklusiewe eiendom van World Challenge. Dit mag onder geen omstandighede verander of geredigeer word nie. Dit mag slegs in geheel gereproduseer word vir die doel van gratis verspreiding. Alle reproduksies moet die kopiereg kennisgewing bevat [bv. Kopiereg 2002 deur World Challenge]. Die dokument mag nie gebruik word vir herverkoop of om die verkope van enige ander produk te bevorder sonder die toestemming van World Challenge nie. Die beperking sluit die hele inhoud in met die uitsondering van n paar kort aanhalings. Gee asseblief altyd krediet aan die volgende bron: Kopiereg 2002 deur World Challenge, Lindale, Texas, VSA. Hierdie materiaal is slegs vir persoonlike gebruik en mag nie op enige ander webtuiste gepubliseer word nie. Die Lorain County Free-Net Chapel besit die eksklusiewe regte van World Challenge Inc. om hierdie boodskappe op hulle webtuiste te publiseer. U is welkom om die inligting af te laai, te kopieer en te versprei, solank u dit nie op n ander Internet webtuiste publiseer nie. U is ook welkom om 'n skakel na hierdie dokumente op u webtuiste aan te bring. ------------------------------------------------------------------------ Hierdie webtuiste is 'n diens van The Missing Link, Inc. Ons bring Gekwelde Jeug asook Volwassenes in aanraking met Lewens-Veranderende Programme Webtuiste - http://misslink.org Die Kapel webtuiste - http://misslink.org/chapel2.html Tuiste van David Wilkerson se World Challenge Kansel Reeks http://www.tscpulpitseries.org ------------ Kopiereg 2002 - Lorain County Free-Net Kapel North Central Ohio, V.S.A. BOKANT VAN BLADSY Ons web bestuurder verwelkom u kommentaar en voorstelle. Hierdie bladsy is op datum gebring op 14 Februarie 2002. Waarom Herlewing Nog Talm/ "Hulp!"/ Wat is Hier?/ Ons borg/ Geloofsverklaring/ Bybelstudie/ Rondom die Klavier/ Bulletin Bord/ Biblioteek/ Kapel/ Indeks vir Afrikaans/ Kansel Reeks